AF/Prabhupada 0002 - ‘n Samelewing van Mal Mense



Lecture on SB 6.1.49 -- New Orleans Farm, August 1, 1975

Harikeśa: Vertaling ... " Soos 'n persoon in 'n droom, terwyl hy slaap, optree volgens die liggaam wat in sy droom manifesteer of die liggaam as homself aanvaar, Net so, identifiseer hy homself met die huidige liggaam, wat verkry is as gevolg van vorige godsdienstige of ongodsdienstig lewens, en is nie in staat om iets te weet van sy vorige of toekomstige lewe nie. "

Prabhupāda:

yathājñas tamasā (yukta)
upāste vyaktam eva hi
na veda pūrvam aparaṁ
naṣṭa-janma-smṛtis tathā
(SB 6.1.49)

Dit is ons posisie. As gevolg van wetenskaplike vooruitgang weet ons nie "Wat ek voor hierdie lewe was of wat ek in die volgende lewe sal word nie." Die lewe is voortdurend. Dit is geestelike kennis. Maar hulle weet ook nie eens dat die lewe voortdurend is nie. Hulle dink, "Dit is toevallig dat ek hierdie lewe het, en dit sal eindig met die dood. Daar is geen sprake van die verlede, hede of toekoms nie. Laat ons dus geniet. " Dit word onkunde genoem, tamasā, 'n onverantwoordelike lewe

So ajñaḥ. Ajñaḥ beteken iemand wat geen kennis het nie. En wie het geen kennis nie? Nou, tamasā. Diegene wat in die hoedanigheid (mode) van onkunde leef. Daar is drie soorte materiële natuur, hoedanighede: Sattva, raja, Tamas. Sattva-Guna beteken alles is duidelik, prakāśa. Net soos die lug nou bedek is met wolke; is die sonskyn nie helder nie. Maar bokant die wolke is daar sonskyn, alles duidelik. En binne die wolk is dit nie helder nie. Net so is alles vir diegene wat in Sattva-Guna is, baie helder, en vir die wat in tamo-Guna is, is alles in onkunde, en diegene wat gemeng is, nie rajo-Guna(Sattva-Guna)nie, nie-tamo Guna nie, word rajo-Guna genoem. Drie gunas. Tamasā. Wel, hulle is net geïnteresseerd in die huidige liggaam, gee nie om wat gaan gebeur nie, en het geen kennis van wat hulle voorheen was nie. Dit word ook elders beskryf: nūnaṁ pramattaḥ kurute vikarma (SB 5.5.4) Pramattaḥ, net soos 'n besetene. Hy weet nie hoekom hy mal geword het nie. Hy het vergeet. En weet nie wat volgende gaan gebeur as gevolg van sy dade nie. Besetene.

Hierdie beskawing, die moderne samelewing, is net soos 'n beskawing van besetenes. Hulle het geen kennis van die vorige lewe nie, en hulle is nie geïnteresseerd in die toekomstige lewe nie. Nūnaṁ pramattaḥ kurute vikarma (SB 5.5.4) En is ten volle betrokke in sondige aktiwiteite, want hulle het geen kennis van die vorige lewe nie. Net soos 'n hond. Hoekom hy 'n hond geword het, weet hy nie en ook nie wat hy dalk volgende gaan weesnie? Wel, 'n hond kon in sy vorige lewe 'n eerste minister gewees het, maar sodra hy 'n hond se lewe kry, vergeet hy. Dit word ook beïnvloed deur Maya. Prakṣepātmikā-śakti, āvaraṇātmikā-śakti. Maya het twee kragtige werkinge. As iemand as gevolg van sy vorige sondige dade 'n hond word, en dan onthou "Ek was 'n eerste minister, en nou is ek 'n hond," sou dit vir hom onmoontlik gewees het om te lewe. Daarom bedek Maya sy vorige kennis. Mṛtyu. Mṛtyu beteken om alles te vergeet. Dit word mṛtyu genoem. Daarvan het ons daaglikse ondervinding. Wanneer ons in die nag droom is dit in 'n afsonderlike atmosfeer, 'n aparte lewe, ons vergeet van ons huidige liggaam, dat "ek hier lê. My lyf lê in 'n baie mooi woonstel met baie mooi beddegoed." Nee Veronderstel hy slenter op straat rond of hy is erens op 'n berg. So stel hy belang, in die droom, stel hy belang.... soos almal, stel hy belang in daardie liggaam Ons vergeet van die vorige liggaam. Wel, dit is onkunde. So, hoe meer ons opgehef word vanuit onkunde tot kennis, bereik ons die sukses van die lewe. En as ons onsself in onkunde hou, is daar geen sukses nie. Dit is 'n mors van die lewe. So, ons Krsna bewussyn- beweging is juis om 'n persoon uit te lig uit onkunde tot kennis. Dit is die hele doel van Vediese letterkunde: om 'n persoon te verlos van onkunde. Krsna sê in die Bhagavad-Gita oor die (devotees) volgelinge - nie oor almal nie- teṣāṁ AHAM samuddhartā mṛtyu-Samsara-sāgarāt (BG 12.7) en '

teṣāṁ evānukampārtham
aham ajñāna-jaṁ tamaḥ
nāśayāmy ātma-bhāvastho
jñāna-dīpena bhāsvatā
(BG 10.11)

maar vir die spesiale volgelinge... is Hy teenwoordig in elkeen se hart, en Hy help 'n volgeling wat probeer om Krsna te verstaan. Hy help. Aan die nie-volgeling, wat geen saak het met... Hulle is nes diere - eet, slaap, het seks en verdediging hulself. Hulle gee nie vir enigiets om nie, nie om God te verstaan nie, ook nie om 'n verhouding met God te verstaan nie. Vir hulle, hulle dink daar is geen God nie, en Krsna sê ook: "Ja, daar is geen God nie. Julle kan maar slaap." Daarom word sit-Sanga vereis. hierdie sit-Sanga, satāṁ prasaṅgāt. Deur die verbintenis met ander volgelinge word ons nuuskierigheid oor God aangewakker. Daarom is sentrums dus nodig. Dit is nie onnodig dat ons so baie sentrums openmaak nie. Nee, dit is tot voordeel van die hele menslike samelewing.