AF/Prabhupada 0004 - Moenie oorgee aan enige snert nie



Lecture on BG 10.2-3 -- New York, January 1, 1967

Die proses is ... Dit word ook in die Bhagavad-Gita genoem. Tad viddhi praṇipātena paripraśnena sevayā (BG 4.34). Indien jy die transendentale wetenskap wil verstaan, moet jy hierdie beginsel volg. Wat is dit? Tad viddhi praṇipātena. Jy moet tot oorgawe kom. Dis dieselfde ding: net soos namanta Eva. Tensy jy onderdanig is, kan jy nie 'n oorgegewe siel wees nie. En waar? Praṇipāta. Waar sal jy so 'n persoon wat "Hy is ... hier is 'n persoon aan wie ek my kan onderwerp"? Dit beteken dat ons eers moet toets waar ons tot oorgawe kan kom. Dit is die minste wat jy moet weet. Moenie jouself oorgee aan enige onsinnighede nie. Jy moet ... En hoe kan jy onderskei tussen wat intelligent is of wat onsin is? Daar word melding van gemaak in die geskrifte. Dit word genoem in die Katha Upaniṣad. Tad viddhi praṇipātena pari ... [Bg. 4.34]. Katha Upaniṣad sê dat -vijñānārthaṁ SA gurum evābhigacchet śrotriyaṁ Brahma-niṣṭham [MU 1.2.12]. Hierdie śrotriyam verwys na die een wat afkomstig is uit die lyn van dissipelskap. En wat sal die bewys wees dat hy wel afkomstig is uit die lyn van dissipelskap? Brahma-niṣṭham. Brahma-niṣṭham beteken dat hy ten volle oortuig is van die Allerhoogste Absolute Waarheid. So dit is waaraan jy jouself moet onderwerp. Praṇipāta. Praṇipāta beteken prakṛṣṭa-rūpeṇa nipātam, geen voorbehoud.

As jy so 'n persoon vind, moet jy jouself aan so persoon onderwerp. Praṇipāta. En probeer om hom te dien, probeer om hom tevrede te stel, en stel vrae aan hom. Alles sal openbaar gemaak word. Jy moet so 'n gesaghebbende persoon vind en jouself aan hom onderwerp. Oorgawe aan hom beteken oorgawe aan God omdat hy God se verteenwoordiger is. Maar jy word toegelaat om vrae te stel, nie om tyd te mors nie, maar om beter te verstaan. Dit word paripraśna genoem. Dis die proses. So alles is daar. Ons moet dit eenvoudig net aanvaar. Maar as ons nie die proses kan aanvaar nie en net ons tyd mors deur dronkenskap en spekulasie en allerhande onsinnige aktiwiteite, o, dan is dit nooit moontlik nie. Jy sal dan nooit kan verstaan ​​wat God is nie. Want God is nie verstaanbaar nie, selfs nie deur die halfgode of deur die groot geestelikes nie. Wat is ons geringe pogings dan? So hier is die proses. En indien jy dit volg, asammūḍhaḥ, asammūḍhaḥ, indien jy die beginsels volg en stadig maar seker, asammūḍhaḥ, sonder enige twyfel, sal jy dit maak ... Dit is die ... Pratyakṣāvagamaṁ dharmyam. Indien jy dit navolg, sal jy self verstaan, jy self sal besef, "Ja. Ek kry iets." Dis nie dat jy blind is nie, jy blindelings moet volg nie. Soos jy die beginsels navolg, sal jy verstaan. Net soos wanneer jy behoorlike voedsame kos eet, sal jy jou kragte voel toeneem en jou honger sal gestil word. Jy hoef niemand iets te vra nie. Jy sal vir jouself voel. Net so, as jy op die regte pad is, en as jy die beginsel volg, sal jy verstaan, "Ja, ek maak vordering." Pratyakṣa ... In die negende hoofstuk het Hy gesê pratyakṣāvagamaṁ dharmyaṁ susukham. En dit is baie maklik. En jy kan dit in 'n vrolike bui doen. En wat is die proses? Ons sing Hare Krsna en ons eet Krsna-prasāda en bestudeer die Bhagavad-Gita filosofie, ons hoor mooi musikale klanke. Is dit baie moeilik? Is dit baie moeilik? Glad nie. So deur hierdie proses sal jy asammūḍhaḥ wees. Niemand kan jou bedrieg nie. Maar as jy bedrieg wil word, daar is so baie bedrieërs. So moenie bedrieg word en 'n bedriegde samelewing vorm nie. Volg net die Parampara stelsel soos dit in die Vediese literatuur voorgeskryf word, soos dit deur Krsna aanbeveel word. Probeer om dit van 'n gesaghebbende bron te verstaan en probeer om dit in jou lewe toe te pas. Dan asammūḍhaḥ SA martyeṣu. Martyeṣu beteken ... Martya beteken diegene wat een of ander tyd moet sterf. Wie is hulle? Dit is al die gekondisioneerde siele beginnende by Brahma tot by die onbelangrike mier, hulle is almal martya. Martya beteken daar kom 'n tyd wanneer hulle sal sterf. So martyeṣu. Onder al die sterwende sterflinge is hy die mees intelligente. Asammūḍhaḥ SA martyeṣu. Hoekom? Sarva-pāpaiḥ pramucyate. Hy is vry van alle vorme van reaksies van sondige dade. In hierdie wêreld, in hierdie materiële wêreld, bedoel ek, pleeg ons almal, wetend of onwetend, sondige dade. So ons moet ons vry maak van hierdie reaksie. En hoe kan ons daaruit kom? Dit word ook in die Bhagavad-Gita gesê. Yajñārthāt karmaṇo 'nyatra loko' Yam karma-bandhanaḥ (BG 3.9). As jy iets doen, doen dit vir Krsna ... Yajna beteken Visnu of Krsna. As jy alles doen vir Krsna, dan word jy van die reaksie van enigiets bevry. Śubhāśubha-phalaiḥ. Dit wat ons doen is of gunstig of ongunstig. Maar diegene wat in Krsna bewussyn is en optree met daardie bewussyn, hy het niks te make met wat gunstig of ongunstig is nie omdat hy in kontak is met die mees luisterryke, Krsna. So daarom sarva-pāpaiḥ pramucyate. Hy raak bevry van alle reaksies van sondige aktiwiteite. Dit is die proses. En as ons hierdie proses aanneem, sal ons ook uiteindelik in kontak kom met Krsna en dan is ons lewe suksesvol. Die proses is baie eenvoudig, en ons kan, almal kan aanpas by die proses. Dankie