AF/Prabhupada 0010 - Moenie probeer om vir Krishna na te boots nie



Lecture on SB 7.9.9 -- Mayapur, February 16, 1976

Krsna ... Hierdie sestien duisend vroue, hoe het hulle Sy vrouens geword? Julle ken die storie, daardie baie mooi, sestien duisend mooi, Ek meen, die koning se dogters was ontvoer deur die asura. Wat was die naam van daaardie asura? Bhaumāsura, nê? Ja. So het hulle tot Krsna gebid "Ons kry swaar, ons is ontvoer deur die skelm, red ons asseblief.." So Krsna het gekom om hulle te red, en om die Bhaumāsura dood te maak en al die meisies te bevry. Maar nadat hulle bevry was het hulle daar bly staan. So Krsna sê toe, "Julle kan nou huis toe gaan, na jul vader." Hulle het gesê "Ons is ontvoer, en ons kan nie trou nie." In Indië geld die reël steeds. Wanneer 'n meisie, 'n jong meisie, vir 'n dag of twee haar huis verlaat, sal niemand met haar trou nie. Niemand sal met haar trou nie. Haar reputasie is verwoes. Dit is steeds die Indiese stelsel. So hulle was ontvoer vir so baie dae of so baie jare, en hulle doen toe 'n beroep op Krsna omdat "Ons sal ook nie deur ons vader aanvaar word nie ", niemand sal instem om met ons te trou nie. " Krsna het toe verstaan ​​dat "Hul posisie baie bedenklik was. Hoewel hulle vrygelaat was, het nêrens gehad om heen te gaan nie. " Toe het Krsna ... Hy is so goedgunstig, Bhakta-vatsala. Hy vra toe: "Wat wil julle hê?" Dat ... Hulle het toe gesê "U moet ons aanvaar. Anders het ons geen ander heenkome nie." Krsna sê toe onmiddellik: "Ja, kom saam." Dit is Krsna. En dit beteken nie dat Sy sestien duisend vroue almal in een kamp gekonsentreer was nie. Hy het dadelik sestien duisend paleise opgerig. Omdat Hy hulle as vrou aanvaar het, moes hulle as vrou onderhou word, as sy koningin, nie "Omdat hulle geen ander heenkome gehad het, moet hulle by My skuiling kom neem nie. Ek kan maak wat ek wil. " Nee. Elkeen was hanteer as die meeste respekvolle koningin, as Krsna se koningin. En verder het hy gedink "Die sestien duisend vroue ... as Ek enkel bly, slegs een figuur, dan sal my vroue my nie kan ontmoet nie. Elkeen sal sestien duisend dae moet wag om haar man te sien. Nee " Hy het Homself uitgebrei na sestien duisend Krsna's. Dit is Krsna. Die skelms, hulle beskuldig Krsna daarvan dat Hy 'n vrou-jagter is. Dit is egter nie so nie. Jy kan nie eens een vrou onderhou nie, maar Hy het sestien duisend vroue in sestien duisend paleise onderhou. en in die vorm van sestien duisend uitbreidings. Almal was bly. Dit is Krsna. Ons moet verstaan ​​wat Krsna is. Moenie probeer om Krsna na te boots nie. Probeer eerstens om Krsna te verstaan.