AF/Prabhupada 0011 - Enigeen kan Krishna in sy gedagtes aanbid



Lecture on BG 4.28 -- Bombay, April 17, 1974

In die Bhakti-rasāmṛta-Sindhu, is daar 'n storie ... Nie 'n storie nie. 'n Feit. Dit word daar beskryf dat 'n brāhmaṇa - wat 'n groot aanhanger was - Hy wou 'n baie briljante diens, Arcana, aanbied in die aanbidding in die tempel. Maar hy het geen geld gehad nie. Op 'n dag het hy in die Bhāgavata klas gesit en hy het gehoor dat Krsna selfs in die gedagtes aanbid kan word. So benut hy toe hierdie geleentheid, omdat hy al vir 'geruime tyd daaraan gedink het hoe om Krsna glansryk te aanbid, maar hy het geen geld gehad nie. So het hy, toe hy hoor dat mens Krsna in die gedagtes kan aanbid, het hy in die Godavari rivier gaan bad, en het hy onder 'n boom gaan sit en in sy gedagtes het hy 'n baie pragtige siṁhāsana, troon gebou, wat oortrek was met juwele en in die versorging van die Godheid op die troon, het hy die Godheid gebad met water van die Ganges, Yamuna, Godavari, Narmada, Kaveri. Daarna het hy die Godheid baie mooi aangetrek, en toe 'n blom en krans geoffer. Daarna hy baie mooi gekook, en hy het paramānna, soet rys gekook. Hy wou dit toe toets, of dit baie warm was. Omdat paramānna koud geëet word. Paramānna word nie baie warm geëet nie. En hy plaas toe sy vinger op die paramānna en sy vinger het gebrand. Dit het sy meditasie gebreek, want daar was niks. Hy het alles eenvoudig in sy gedagtes gedoen. So ... hy het egter gesien dat sy vinger verbrand het. Hy was verbaas. Op hierdie tydstip het Narayana van Vaikuntha, geglimlag. Lakṣmījī het gevra, "Hoekom glimlag jy?" "Een van my aanhangers het My op hierdie wyse aanbid. Stuur dus my manne om hom onmiddellik na Vaikuṇṭha te bring. " So is bhakti-joga so aangenaam dat selfs wanneer jy geen manier het om die Godheid glansryk te aanbid nie, kan jy dit selfs in jou gedagtes doen. Dit is ook moontlik.