AF/Prabhupada 0013 - Vier –En-Twintig Uur Betrokkenheid



Lecture on BG 2.49-51 -- New York, April 5, 1966

Yogaḥ karmasu kauśalam. Kauśalam beteken deskundige truuk, kundige truuk. Net soos twee mans wat werk. Die een man is baie kundig; die ander man is nie so 'n kenner nie. Soos by masjinerie. Wanneer daar iets verkeerd is met die masjien, Sal die man wat nie baie kundig is nie die hele dag en nag probeer om dit reg te maak, maar die kundige kom en met een oogopslag kan hy sien wat fout is, en hy verbind 'n draad op een of ander manier en die masjien loop weer. Hrzum, hrzum, hrzum, hrzum, hrzum, hrzum. Verstaan jy? Net soos met ons, soms ondervind ons probleme met hierdie bandopnemer, en dan kom mnr Carl of iemand en herstel die fout. So alles vereis 'n mate van deskundige kennis. So karma, karma beteken werk. Ons moet werk. Sonder om te werk, kan selfs hierdie liggaam en siel nie voortbestaan nie. Dit is 'n groot wanopvatting dat iemand wat streef na..., geestelike verwesenliking nie hoef te werk nie. Nee, hy moet juis meer werk. Persone wat nie geestelike selfverwesenliking nastreef nie, mag miskien net vir agt ure werk, maar diegene wat by geestelike verwesenliking betrokke is, O, hulle is vier en twintig uur, vier en twintig uur besig. Dit is die verskil. En daardie verskil is ... Jy sal vind dat op die materiële platform, in die liggaamlike opvatting van die lewe, sal jy moeg voel, selfs al werk jy net vir agt uur, . Maar vir 'n geestelike doel, wanneer jy meer as vier en twintig uur werk ... Ongelukkig het jy nie meer as vier en twintig uur tot jou beskikking nie. Tog, sal jy nie moeg voel nie. Laat ek jou vertel. Uit my praktiese ervaring. Hierdie is my praktiese ervaring. En hier is ek, altyd besig om iets te lees of te skryf, iets te lees of te skryf, vier en twintig uur. Wanneer ek honger voel, neem ek eenvoudig net 'n bietjie kos. En net wanneer ek vaak is, gaan ek slaap. Andersins, voel ek nooit moeg nie. Jy kan mnr Paul vra of dit nie is wat ek doen nie. Ek vind, ek vind behae daarin. Ek voel nie moeg nie. Net so, wanneer 'n mens geestelik ingestel is, sal hy nie ... Inteendeel, sal hy, sal hy gewalgd voel om te gaan slaap, om te gaan slaap, "O, die slaap het net gekom om my te versteur." Verstaan? Hy wil sy slaaptyd verminder. Dan ... wanneer ons bid, vande Rupa-sanātanau raghu-yugau Sri-Jiva-gopālakau. Hierdie ses Gosvāmīs, hulle is deur Heer Caitanya afgevaardig om hierdie wetenskap te bespreek. Hulle het omvattende lektuur daaroor geskryf. Sien jy? So dit sal jou verbaas dat hulle vir net een en 'n half uur per dag geslaap het, niks meer as dit nie. En soms het hulle dit ook prysgegee.