AF/Prabhupada 0014 - Aanhangers Is So Verhewe



The Nectar of Devotion -- Calcutta, January 30, 1973

Vir 'n aanhanger, is Krsna binne die palms van sy hande. Ajita, jito 'py asau. Hoewel Krsna nie oorwinbaar is nie, hou Hy egter daarvan om oorwin te word deur Sy aanhanger. Dit is hoe sake staan. Net soos wat Hy Homself vrywillig gegee het om oorwin te word deur Moeder Yaśodā, om oorwin te word deur Rādhārāṇī, om oorwin te word deur sy vriende. was Krsna verslaan en was Hy verplig om sy vriend op sy skouer te dra. Prakties sien ons soms dat 'n koning 'n grapjas onder sy medewerkers hou, en soms beledig die grapjas die koning en dan geniet die koning dit. Die grapjas sal soms ... So was daar 'n bekende grapjas, Gopala Bon, in Bengale. Op 'n dag het die koning hom gevra, "Gopala, wat is die verskil tussen jou en 'n donkie?" So het hy dadelik die afstand tussen hom en die koning gemeet. Hy het gesê: "Dit is net drie voet( 1 meter), meneer. Die verskil is net drie voet. " So, almal het begin lag. En die koning het die belediging geniet. Want soms is dit nodig. So is Krsna ook ... Almal prys Hom in Sy verhewe posisie. Almal. Dit is Krsna se posisie - die Allerhoogste Here. In Vaikuṇṭha, daar is altyd net lofprysing. Daar is nie iets anders nie. Maar in Vṛndāvana sal Krsna vrylik beledigings van sy aanhangers aanvaar. Die mense weet nie hoe die lewe in Vṛndāvana werk nie. Die aanhangers is so verhewe. Rādhārāṇī sal gebied, "Moenie toelaat dat Krsna hierheen kom nie." Krsna kan dan nie daarheen gaan nie. Hy sal die ander gopis vlei: "Laat my asb toe om daarheen te gaan." "Nee, nee. Dis 'n opdrag Jy kan nie gaan nie.". Wel, Krsna hou daarvan.