AF/Prabhupada 0015 - Ek Is Nie Hierdie Liggaam Nie



Lecture on BG 9.34 -- New York, December 26, 1966

Daar is ses tekens van die teenwoordigheid van die siel. Groei is een van die belangrikste. So groei. Sodra die siel hierdie liggaam verlaat, is daar geen meer groei nie. Indien 'n kind doodgebore word, O, dan sal daar geen groei plaasvind nie. O, die ouers sal sê dit is nutteloos. Begrawe dit. Sooortgelyk, gee Heer Krsna die eerste voorbeeld aan Arjuna, "Moenie dink dat die geestelike vonk wat binne die liggaam is, as gevolg van wie se teenwoordigheid die liggaam groei van kinderjare na tienerjare, en van tienerjare na jongmens en van jongmens na oumens. Dus, wanneer hierdie liggaam onbruikbaar raak, sal die siel, ongemerk, hierdie liggaam opgee. " Vāsāṁsi jīrṇāni yathā vihāya (BG 2.22). Net soos wat ons 'n ou rok uittrek en 'n ander nuwe rok aantrek, Net so, aanvaar ons ook 'n ander liggaam. En ons aanvaar nie 'n ander liggaam volgens eie keuse nie. Die keuse hang van die wette van die natuur af. Die keuse hang af van die wette van die natuur. Jy het nie 'n sê ten tye van die dood nie, maar jy het gedagtes. Jy kan dalk sê dat, ek bedoel om te sê, individualiteit en keuse is wel daar. Yam Yam vāpi smaran Loke tyajaty ante kalevaram (BG 8.6). Net, ten tye van jou dood, sal jou mentaliteit, soos jou gedagtes ontwikkel, sal jy die volgende geboorte neem volgens daardie liggaam. So 'n intelligente man, wat nie gek is nie, moet verstaan ​​dat hy nie hierdie liggaam is nie. Die eerste ding. Ek is nie hierdie liggaam nie. So, sal hy dan verstaan ​​wat sy plig is? O, as geestelike siel, wat is sy plig?

Sy plig is, soos in die Bhagavad-Gita vermeld word in die laaste vers van die Negende Hoofstuk, sy plig is man-Mana bhava. Jy dink van iets. Elkeen van ons, beliggaamd, dink iaan iets. Jy is vir geen oomblik sonder enige denke nie. Dit is nie moontlik nie. So, dit is ons plig. Jy moet aan Krsna dink. Jy dink aan Krsna. Jy sal aan iets moet dink. So, wat is die nadeel as jy aan Krsna dink? Krsna het so baie aktiwiteite, so baie literatuur, en so baie dinge. Krsna kom hierheen. Ons het volumes en volumes van boeke. As jy aan Krsna wil dink, kan ons jou van soveel literatuur voorsien wat jy nie sal klaar lees in jou leeftyd as jy vir vier en twintig uur per dag lees nie. So dit is voldoende om aan Krsna te dink. Dink aan Krsna. Man-Mana bhava. Ag, ek kan aan jou dink.

Net soos 'n persoon wat in diens van 'n baas staan. O, hy is altyd besig om aan die baas te dink. O, ek moet om nege-uur iewers iets bywoon of die baas sal ontevrede wees. Daar is een of ander rede vir sy gedagtes. Die soort denke sal nie werk nie. Daarom sê Hy, bhava mal-bhaktaḥ. "Dink net aan My met liefde." Wanneer die meester, ek bedoel om te sê, wanneer die dienaar aan die meester dink, is daar geen liefde nie. Hy dink in ponde-sjielings en pennies. "Omdat, as ek nie kantoor toe gaan nie, net 09:00 opdaag, O, dan sal ek laat wees, en sal ek twee dollar verloor. " Daarom dink hy, nie aan die meester nie, hy dink aan daardie ponde-sjielings en pennies. Daardie soort van denke sal jou nie red nie. Daarom sê Hy, bhava mal-bhaktaḥ. "Jy moet net My aanhanger word. Dan sal jou gedagtes van My net aangenaam wees. " En wat is hierdie bhakti? Mad-bhaktaḥ.

Toewyding ... Toewyding beteken diens. Mad-yājī. Jy lewer 'n diens aan die Here. Net soos wat ons altyd hier besig is. Wanneer jy hier kom vind jy ons besig met allerlei pligte. So ons het vir ons pligte geskep. Net sodat ons aan Krsna kan dink.