AF/Prabhupada 0022 - Krishna Is Nie Honger Nie



Lecture on SB 1.8.18 -- Chicago, July 4, 1974

Kṛṣṇa sê, "My aanhanger, met geliefde," yo me bhaktyā prayacchati. Kṛṣṇa is nie honger nie. Kṛṣṇa het nie na julle toe gekom om julle offergawe te aanvaar omdat hy honger is nie. Nee, hy is nie honger nie. Hy is self-vergenoegd en in die geestelike wêreld is dit Hy wat bedien word, lakṣmī-sahasra-śata-sambhrama-sevyamānam, Hy word bedien deur honderde en duisende godinne van geluk. Maar Kṛṣṇa is so gaaf, want as jy 'n ernstige liefhebber van Kṛṣṇa is, is Hy hier om jou patraṁ puṣpam te aanvaar. Selfs al is jy die armste van die armes, sal Hy enigiets wat jy kan versamel aanvaar. 'n klein blaartjie, 'n bietjie water, 'n klein blommetjie. In enige deel van die wêreld, kan enigiemand iets vind om aan Kṛṣṇa te offer. "Krsna, ek het niks van waarde om te offer nie, ek is baie arm. Aanvaar asseblief hierdie offergawe." Kṛṣṇa sal dit aanvaar. Kṛṣṇa sê, tad aham aśnāmi, "Ek eet." So die belangrikste ding is bhakti, liefde, liefde.

Hier word gesê alakṣyam. Kṛṣṇa is nie sigbaar nie, God is nie sigbaar nie, maar Hy is so gaaf dat Hy voor julle verskyn, sigbaar vir jul materiële oë. Kṛṣṇa is nie sigbaar in hierdie materiële wêreld, met materiële oë nie. Net so ook elke deeltjie van Kṛṣṇa. Ons is deel van Kṛṣṇa, alle lewende entiteite is, maar ons sien mekaar nie. Jy kan my nie sien nie, ek kan jou nie sien nie. "Nee, ek sien jou." Wat sien jy? Jy sien my liggaam. En dan, wanneer die siel weg is uit die liggaam, hoekom huil jy dan "My pa is weg"? Hoekom is jou pa weg? Jou vader lê dan hier. So , wat het jy gesien? Jy het die lyk van jou vader gesien, nie jou vader nie. So, as jy nie die deeltjie van Kṛṣṇa kan sien nie, die siel, hoe kan jy vir Kṛṣṇa sien? Daarom sê die geskrifte, śāstra, ataḥ śrī-kṛṣṇa-nāmādi na bhaved grāhyam indriyaiḥ (CC Madhya 17.136). Dit afgestompte materiële oë, hulle kan nie vir Kṛṣṇa sien nie, of kan ook nie Kṛṣṇa se naam hoor nie, nāmādi. Nama beteken naam. Nama beteken naam, vorm, eienskappe, tydverdryf. Hierdie dinge kan nie deur jou afgestompte materiële oë of sintuie verstaan word nie. Maar as hulle gesuiwer word , sevonukhe hi jihvādau, indien hulle gesuiwer word deur die proses van toegewyde diens, dan kan jy te alle tye en oral vir Kṛṣṇa sien. Maar vir die gewone persoon, alakṣyam: is Hy nie sigbaar nie. Kṛṣṇa is oral, God is oral, aṇḍāntara-stha-paramāṇu-cayāntara-stham. So alakṣyam sarva-bhūtānām. Hoewel Kṛṣṇa dus ekstern en intern is, beide, kan ons steeds nie vir Kṛṣṇa sien nie, nie tensy ons die oë het waarmee ons Kṛṣṇa kan sien nie.

So hierdie Kṛṣṇa bewustheid beweging is die proses waarmee ons oë oopgemaak word om Kṛṣṇa te sien, en as jy vir Kṛṣṇa kan sien, antah bahih, dan is jou lewe suksesvol. Daarom sê śāstra; antar bahir.

antar bahir yadi haris tapasā tataḥ kiṁ
nāntar bahir yadi haris tapasā tataḥ kim

Almal probeer om volmaak te word, maar volmaaktheid beteken wanneer 'n mens Kṛṣṇa van binne en buite kan sien. Dit is volmaaktheid.