AF/Prabhupada 0023 - Wees Krishna - Bewus Voor Jy Sterf



Sri Isopanisad Invocation Lecture -- Los Angeles, April 28, 1970

So hier word dit gesê dat die heelal sy eie bestek van tyd het, vasgestel deur die energie van die volledige geheel. Die heelal is ook 'n groot reuse liggaam, 'n materiële liggaam. Dit is al. Net soos jou liggaam; alles bestaan relatief. Die moderne wetenskap, die wet van relatiwiteit. 'n Atoom, 'n klein deeltjie, 'n klein miertjie, almal het 'n relatiewe lewe, jy het 'n relatiewe lewe. Netso kan hierdie groot liggaam, die heelal, vir miljoene jare bestaan, maar dit sal nie vir ewig bestaan nie. Dit is 'n feit. Maar omdat dit baie groot is, kan dit dus vir 'n paar miljoene jare bly bestaan, maar dit sal eindig. Dit is die wet van die natuur. En wanneer daardie tydstip aanbreek, sal die tydelike manifestasie vernietig word deur die volledige plan van die Volmaakte, die Hoogste Volmaakte. Wanneer jou tydperk voltooi is, niks langer in hierdie liggaam nie, meneer. Niemand kan dit keer nie. Hierdie ooreenkoms, reëling is so sterk. Jy kan nie sê, "Laat my langer bly nie." Eintlik gebeur dit net. Toe ek in Indië was, in Allahabad, was daar 'n bekende vriend, en hy was 'n baie ryk man. Hy was sterwend. So het hy die dokter versoek, "Kan jy my nie ten minste vier jaar gee om te leef nie? Ek het nog 'n paar planne, jy sien. Ek kon dit nie afhandel nie. " Jy sien. Āśā-pāśa-śatair baddhāḥ. Dit is demonies. Almal dink "O, ek het nog dit om te doen. Ek het nog dat om te doen." Nee, die dokters of dokters se voorsate, geen wetenskaplike kan tyd keer nie. "O, nee, meneer. Geen meer vier jaar nie. Nie eens vier minute nie, jy moet onmiddellik gaan." Dit is die wet. So voor daardie oomblik aanbreek, moet 'n mens baie behendig Kṛṣṇa bewusthied verwesenlik. Tūrṇam yateta. Tūrṇam beteken baie vinnig, baie vinnig moet jy Kṛṣṇa bewustheid laat realiseer. Anu ... Dus voor die dood, voor die volgende dood kom, moet jy klaar wees met jou besigheid. Dit is intelligensie. Anders is jy verslaan. Dankie.