AF/Prabhupada 0027 - Hulle Weet Nie Dat Daar ‘n Volgende Lewe Is Nie



Lecture on CC Adi-lila 7.1 -- Atlanta, March 1, 1975

So (lees :) "'n persoon in die gekondisioneerde stadium van materiële bestaan ​​is in 'n staat van hulpeloosheid. Maar die gekondisioneerde siel, onder die illusie van Maya of die eksterne energie, dink dat hy heeltemal beskerm word deur sy land, die samelewing, vriendskappe en liefde, min wetende dat ten tye van die dood nie een van hierdie dinge hom kan red nie. " Dit word māyā genoem. Maar hy glo dit nie. Onder die illusie van māyā, glo hy ook nie wat die betekenis van sy redding is nie. Redding. Redding beteken om jouself uit hierdie herhaling, die siklus van geboorte en dood, te red. Dit is ware redding. Maar hulle weet dit nie. (Lees :) "Die wette van materiële natuur is so sterk dat niks van ons materiële besittings ons kan red uit die wrede greep van die dood nie. " Almal weet dit. En dit is ons werklike probleem. Wie is nie bang vir die dood nie? Almal is bang vir die dood. Hoekom? Omdat elke lewende entiteit nie bedoel is om te sterf nie. Hy is ewig; dus geboorte, dood, ouderdom en siekte hierdie dinge is vir hom net 'n hindernis. Omdat hy ewig is, neem hy nie geboorte, na jāyate, nie, en een wat nie geboorte neem nie, het ook geen dood nie, na mriyate kadācit. Dit is ons werklike posisie. Daarom is ons bang vir die dood. Dit is ons natuurlike neiging.

So, om onsself te red van die dood ... Dit is die hoofsaak van die mensdom. Ons onderrig die Krsna bewustheid beweging uitsluitlik vir hierdie doel. Dit behoort die doel van almal te wees. Dit is die voorskrifte van alle geskrifte. Diegene wat bewakers is ... Die regering, die vader, die onderwyser, hulle is bewakers van die kinders. Hulle behoort dit te weet, hoe anders kan daar beskerming wees vir die wêreld ... Na mocayed yaḥ samupeta mṛtyum. So waar oral in die hele wêreld kry ons hierdie filosofie? Daar is nie so 'n filosofie nie. Die is die enigste, hierdie Krsna bewustheids-beweging, wat die filosofie na vore bring, nie wispelturig nie maar vanuit gemagtigde śāstra, Vediese literatuur, van outoriteite. So hierdie is ons versoek. Ons open verskillende sentrums regoor die wêreld tot voordeel van die menslike samelewing omdat hulle nie weet wat die doel van die lewe is nie, hulle weet nie dat daar 'n volgende lewe na die dood wag nie. Van hierdie dinge weet hulle niks. Daar is ongetwyfeld 'n volgende lewe , en jy is in die huidige lewe reeds besig om voor te berei vir die volgende lewe. Jy kan na die hoër planetêre stelsel gaan vir meer gerief, materiële gerief. Jy kan ook hier bly in 'n veilige posisie. " Veilig beteken hierdie materiële lewe. Net soos wat gesê word,

yānti deva-vratā devān
pitṟn yānti pitṛ-vratāḥ
bhūtāni yānti bhūtejyā
mad-yājino 'pi yānti mām
(BG 9.25)

So kan jy jouself voorberei vir 'n beter lewe in die hemelse planete of vir 'n beter samelewing in hierdie wêreld of jy kan na die planete gaan waar spoke en ander ellendiges in beheer is. Of jy kan na die planeet gaan waar Kṛṣṇa is. Dit is jou eie keuse. Yanti bhūtejyā Bhutani mal-yājino 'pi Yanti Mam. Jy moet jouself eenvoudig daarvoor voorberei. Net soos iemand in hul jeug opgevoed word- om bv. 'n ingenieur te word, iemand gaan 'n dokter word, iemand gaan 'n prokureur of enige ander professionele persoon word - en hulle word voorberei deur die onderwys, netso, kan jy jouself voorberei vir jou volgende lewe. Dit is nie moeilik om dit te verstaan nie. Maar niemand glo in die volgende lewe nie, maar dit is eintlik net goeie gesonde verstand. Daar is wel 'n volgende lewe, want Kṛṣṇa sê so en ons kan die filosofie van 'n volgende lewe verstaan deur 'n klien bietjie intelligensie toe te pas. So ons voorstel is dit "Omdat jy in elk geval die moeite moet doen om jouself vir die volgende lewe voor te berei, waarom doen jy nie die moeite om jouself voor te berei om terug te gaan huis toe nie, terug na Godheid toe? " Dit is ons voorstel.