AF/Prabhupada 0032 - Alles Wat Ek Gesê Het, Word Ook In My Boeke Gesê



Arrival Speech -- May 17, 1977, Vrndavana

Prabhupada: So, ek kan nie praat nie. Ek voel baie swak. Ek was veronderstel om elders, na die Chandigarh program, te gaan, maar ek het die program gekanselleer omdat my gesondheid baie verswak het. So, ek het verkies om Vṛndāvana toe te kom. As die dood kom, laat dit dan hier gebeur. So daar is niks nuut om by te voeg nie. Alles wat ek het om te sê, het ek reeds in my boeke gesê. Probeer dus om dit te verstaan ​​en voort te gaan met jul pogings. Of ek teenwoordig is en of ek nie teenwoordig is nie, dit maak nie saak nie. Soos Krsna vir ewig lewe, Net so, lewe die lewende wesens ook vir ewig. Maar kīrtir yasya sa jīvati: "Iemand wat diens gedoen het vir die Here bly vir ewig leef." So julle was geleer hoe om Krsna te dien, en saam met Krsna sal ons vir ewig lewe. Ons lewe vir ewig. Na hanyate hanyamāne śarīre (BG 2.20) Die tydelike verdwyning van hierdie liggaam, dit maak nie saak nie. Die liggaam is bedoel om te verdwyn. Tathā dehāntara-prāptiḥ (BG 2.13). So lewe vir ewig deur Krsna te dien. Dankie baie.

Aanhangers: Jaya!