AF/Prabhupada 0033 - Mahāprabhu se Naam Is Patita-Pāvana



Morning Walk -- October 4, 1975, Mauritius

Pustá Krsna: Die regerings van vandag ondersteun die mees verregaande en sondige aktiwiteite. So hoe is dit moontlik om die algemene bevolking te hervorm?

Prabhupada: Het jy bedoel om te sê dat die regering perfek is?

Pustá Krsna: Nee.

Prabhupada: Dan? Hulle moet verwyder word. Regering beteken deesdae dat almal skelms is. Hulle word deur skelms verkies en hulle is skelms. Dit is die probleem. Oral waar jy gaan, gaan jy 'n skelm teëkom. Manda. Die definisie word gegee: Manda. Selfs in ons eie kamp is daar so baie skelms. Kyk net na die verslag. Selfs hulle het gekom om hervorm word, hulle is skelms. Hulle kan net nie hul skelmstreke prysgee nie.. Daarom word dit veralgemeen, Manda: "almal is sleg." Maar die enigste verskil is dat in ons kamp word die slegtes verander; buite is daar geen hervorming nie. Daar is hoop dat van hul in wese goed kan raak, maar buite is daar geen hoop nie. Dit is die verskil. Andersins is almal sleg. Sonder enige diskriminasie kan jy sê. Mandāḥ sumanda-matayo (SB 1.1.10). Nou, hoe kan die regering goed wees? Dit is ook sleg. Mahaprabhu se naam is Patita-pāvana; Hy verlos al die slegte mense. In Kali-yuga is daar geen goeie mense nie - almal is sleg. Jy sal baie sterk moet raak om al die slegte mense te kan hanteer.