AF/Prabhupada 0035 - Daar Is Twee Lewende Wesens In Hierdie Liggaam



Lecture on BG 2.1-11 -- Johannesburg, October 17, 1975

Wel, Krsna het die posisie van guru ingeneem en hy het begin onderrig. Tam uvāca hṛṣīkeśaḥ. Hṛṣīkeśa ..., Kṛṣṇa se ander naam is Hṛṣīkeśa. Hṛṣīkeśa beteken hṛṣīka īśa. Hṛṣīka beteken die sintuie, en Isa, die meester daarvan. Daarom is Kṛṣṇa die meester van ons sintuie, almal se sintuie. Dit sal verduidelik word in die dertiende hoofstuk, wat kṣetra-jñaṁ cāpi māṁ viddhi sarva-kṣetreṣu bhārata (BG 13.3) beteken. In hierdie liggaam is daar twee lewende entiteite. Die een is ekself, die individuele siel, Atma; en die ander is Kṛṣṇa, Paramātmā. Īśvaraḥ sarva-bhūtānāṁ hṛd-deśe arjuna tiṣṭhati (BG 18.61). So, eintlik is die eienaar Paramātmā. Ek kry wel die geleentheid om dit te gebruik, so my sintuie, my sogenaamde sintuie, is nie my sintuie nie. Ek het nie my hand geskep nie. Die hand is geskep deur God, of deur Krsna, deur middel van die agent van hierdie materiële natuur, en ek is die hand gegee sodat ek dit kan gebruik vir 'n doel, om te kan eet, om dinge te versamel. Maar eintlik is dit nie my hand nie. Andersins, as hierdie hand verlam raak, dan beweer ek, "my hand" - ek kan dit nie gebruik nie, want die krag van die hand is deur die eienaar onttrek. Net soos met 'n huis, 'n gehuurde huis, waarin jy woon. As die eienaar van die huis, die verhuurder, jou uitsit, kan jy nie langer daar woon nie. Jy kan dit nie gebruik nie. Net so kan ons hierdie liggaam gebruik, so lank as wat die werklike eienaar van die liggaam, Hṛṣīkeśa, my toelaat om hier te bly. Daarom is Krsna se naam Hṛṣīkeśa. En in die Krsna bewustheid beweging beteken dit dat ons die sintuie as Krsna sin aanvaar het. Dit moet gebruik word vir Krsna. In plaas van om dit te gebruik vir Krsna, gebruik ons dit egter vir ons eie plesier. Dit is ons ellendige toestand in die lewe. Net soos wat jy in 'n plek bly waar jy huur moet betaal, en as jy nie die huur betaal nie - omdat jy dink dit is jou eiendom- dan is daar moeilikheid. Net so, Hṛṣīkeśa beteken die werklike eienaar is Krsna. Hierdie eiendom is aan my gegee. Daar word in die Bhagavad-Gita gesê:

īśvaraḥ sarva-bhūtānāṁ
hṛd-deśe 'rjuna tiṣṭhati
bhrāmayan sarva-bhūtāni
yantrārūḍhāni māyayā
(BG 18.61)

Jantra: dit is 'n masjien. Hierdie masjien is deur Krsna aan my gegee want ek het dit begeer "As ek 'n masjien soos 'n menslike liggaam het, dan kan ek op die manier geniet" So Krsna vervul jou begeerte: "Goed dan." En as ek dink, "As ek 'n masjien het waarmee ek direk bloed van 'n ander dier kan suig," "Goed," sê Krsna "neem die liggaam van 'n tier en gebruik dit." So gaan dit aan. Daarom is sy naam Hṛṣīkeśa. En wanneer ons behoorlik verstaan ​​dat "Ek is nie die eienaar van hierdie liggaam nie. Krsna is die eienaar van die liggaam. Ek wou 'n sekere soort liggaam gehad het vir my eie sintuie se bevrediging. Hy het dit gegee en ek is nie gelukkig nie. Daarom sal ek leer hoe om hierdie masjien te gebruik vir die eienaar, " Dit is wat ons bhakti noem Hṛṣīkeṇa hṛṣīkeśa-sevanaṁ bhaktir ucyate (CC Madhya 19.170). Wanneer hierdie sintuie - omdat Krsna die eienaar van die sintuie is- Hy is die eienaar van hierdie liggaam - so wanneer hierdie liggaam aangewend word vir Krsna se diens, dan is dit die vervolmaking van ons lewe.