AF/Prabhupada 0038 - Kennis Is Afkomstig vanaf Die Vedas



Lecture on BG 7.1 -- Hong Kong, January 25, 1975

Nou, Krsna is daar. Ons het Krsna se prentjies, Krsna se foto, Krsna se tempel, so baie van Krsna. Dit is nie denkbeeldig nie. Dis nie net verbeelding nie, as die Māyāvādī filosoof dink, dat "Jy kan jou in jou gedagtes verbeel." Nee. God nie kan verbeel word nie. Dit is nog 'n dwaasheid. Hoe kan jy God verbeel? Dan word God die onderwerp van jou verbeelding. Hy is dan net denkbeeldig. Dit is nie God nie. Wat verbeel word, dit is nie God nie. God is voor jou teenwoordig, Kṛṣṇa. Hy kom na hierdie planeet. Tadātmānaṁ sṛjāmy aham, sambhavāmi yuge yuge. So, jy moet ingelig word deur diegene wat God gesien het.

tad viddhi praṇipātena
paripraśnena sevayā
upadekṣyanti te jñānaṁ
jñāninas tattva-darśinaḥ
(BG 4.34)

Tattva-darśinaḥ. Tensy jy gesien het, hoe kan jy inligting van die waarheid aan ander oordra? So God word gesien, nie net in die geskiedenis gesien nie. In die geskiedenis, toe Krsna op hierdie planeet teenwoordig was, met die Slag van Kurukṣetra waar die Bhagavad-Gita gespreek was, dit is 'n historiese feit. So ons kan deur die geskiedenis ook vir Bhagavān Śrī Kṛṣṇa sien en ook deur die literatuur. Śāstra-cakṣusā. Net soos in die huidige oomblik, is Krsna nie fisies teenwoordig nie, maar ons verstaan ​​ wat Kṛṣṇa is deur middel van śāstra. So śāstra-cakṣusā. Śāstra ... Of jy leer deur direkte waarneming of deur die literatuur ... Deur middel van die literatuur is die waarneming beter as net deur blote waarneming. Daarom word ons kennis, diegene wat na aanleiding van die Vediese beginsels leef, verkry vanaf die Vedas. Hulle vervaardig dus nie hul kennis nie. As iets verstaan ​​word volgens die getuienis van die Vedas, dan is dit 'n feit. So Kṛṣṇa word verstaan ​​deur die Vedas. Vedaiś ca sarvair aham eva vedyaḥ (BG 15.15). Dit word in die Bhagavad-Gita gesê. Jy kan jou nie vir Kṛṣṇa verbeel nie. As sommige vabonde sê "Ek verbeel my," dan is dit kullery. Jy moet Kṛṣṇa net deur die Vedas sien. Vedaiś ca sarvair aham eva vedyaḥ (BG 15.15). Dit is die doel met die studie van die Vedas. Daarom word dit dus Vedānta genoem. Krsna se kennis is Vedānta.