AF/Prabhupada 0039 - Die Moderne Leier Is Net Soos ‘n Marionet



Lecture on SB 1.10.3-4 -- Tehran, March 13, 1975

So, 'n ideale koning soos Yudhiṣṭhira kan nie net regeer oor die land en die see nie, maar oor die hele planeet. Dit is die ideaal. (Lees :) "Die moderne Engelse eersgeboortereg, of die wet van erfreg deur die eersgeborene, was ook aan die orde van die dag in daardie dae terwyl Maharaja Yudhiṣṭhira oor die aarde en die see regeer het. " Dit beteken die hele planeet, insluitend die see. (Lees :) "In dié dae was die koning van Hastināpura, nou deel van Nieu-Delhi, die keiser van die hele wêreld, insluitend die see, tot en met die tyd van Maharaja Parīkṣit, die kleinseun van Maharaja Yudhiṣṭhira. Sy jonger broers het as sy minister en bevelvoerders van die staat opgetree, en daar was volle samewerking vanaf die perfek godsdienstige broers van die Koning. Maharaja Yudhiṣṭhira was die ideale koning of verteenwoordiger van Heer Sri Krsna ... " Die koning moet die verteenwoordiger van Kṛṣṇa wees. "... Om te heers oor die koninkryk van die aarde en dit is vergelykbaar met Koning Indra, die verteenwoordiger heerser van die hemelse planeet. Die demigode soos Indra, Candra, Surya, Varuna, Vayu, ens, is verteenwoordigende konings van verskillende planete van die heelal. En insgelyks was Maharaja Yudhiṣṭhira ook een van hulle, wat regeer het oor die koninkryk van die aarde. Maharaja Yudhiṣṭhira was nie 'n tipies oninligte politieke leier van die moderne demokrasie nie. Maharaja Yudhiṣṭhira het opdragte ontvang van Bhīṣmadeva en ook die onfeilbare Here, en daarom was hy in volle kennis van alles tot in volmaaktheid. Die moderne verkose uitvoerende hoof van die staat is net soos 'n marionet, want hy het geen koninklike mag nie. Selfs al is hy verlig soos Maharaja Yudhiṣṭhira, kan hy niks uit sy eie wil doen nie weens sy grondwetlike posisie. Daarom is daar so baie state waar daar twis voorkom as gevolg van ideologiese verskille of ander selfsugtige motiewe. Maar 'n koning soos Maharaja Yudhiṣṭhira het geen ideologie van sy eie gehad nie. Hy moes net instruksies van die onfeilbare Here en die verteenwoordiger van die Here volg, asook die van die gemagtigde agent, Bhīṣmadeva. Die opdrag word in die śāstras gegee om iemand met groot gesag te volg asook die onfeilbare Here, sonder enige persoonlike motief en vervaardigde ideologie. Daarom was dit vir Maharaja Yudhiṣṭhira moontlik om oor die hele wêreld te regeer, insluitend die see, omdat die beginsels onfeilbaar is en universeel op almal van toepassing is. Die idee van een wêreldstaat kan slegs vervul word as die onfeilbare gesag gevolg word. 'n Onvolmaakte mens kan nie 'n aanvaarbare ideologie vir almal skep nie. Slegs die volmaakte en die onfeilbare kan so 'n program skep wat op elke plek van toepassing is en gevolg kan word deur almal in die wêreld. Dit is die persoon wat regeer en nie die onpersoonlike regering nie. As die persoon volmaak is, sal die regering perfek werk. As die persoon 'n dwaas is, sal die regering in 'n gekkeparadys verval. Dit is die wet van die natuur. Daar is so baie verhale van onvolmaakte konings of uitvoerende hoofde. Daarom moet die uitvoerende hoof 'n opgeleide persoon soos Maharaja Yudhiṣṭhira wees, en hy moet volmag hê om outokraties oor die wêreld te heers. Die opvatting van 'n wêreld staat kan vorm aanneem net onder die heerskappy van 'n volmaakte koning soos Maharaja Yudhiṣṭhira. Die wêreld was in daardie dae gelukkig , omdat daar konings soos Maharaja Yudhiṣṭhira was om oor die hele wêreld te regeer. " Laat hierdie koning dus vir Maharaja Yudhiṣṭhira volg en 'n voorbeeld stel van hoe 'n monargie 'n perfekte staat daarstel. Dit word in die śāstras onderrig en indien hy dit volg, kan hy dit doen. Hy het dan die mag. En omdat hy so 'n volmaakte koning was, was hy 'n verteenwoordiger van Krsna, dus kāmaṁ vavarṣa parjanyaḥ (SB 1.10.4). Parjanyaḥ beteken reënval. So reënval is die basiese beginsel van die voorsiening van alle noodsaaklikhede van die lewe; reënval. Daarom sê Krsna in die Bhagavad-Gita, annād bhavanti Bhutani parjanyād Anna-sambhavaḥ (BG 3.14). As jy mense gelukkig wil maak, beide die mens en dier ... Daar is diere ook. Hulle is ... Die skelm uitvoerende beampte maak soms 'n vertoon van die voordeel wat die mense ontvang, maar daar is geen voordeel vir die diere nie. Hoekom? Waarom hierdie onreg? Diere is ook in hierdie land gebore. Hulle is ook lewende entiteite. Hulle mag diere wees. Hulle het geen intelligensie nie. Hulle het intelligensie, egter nie so goed soos die mens nie, maar beteken dit dat slagpale opgerig moet word vir die moord op hulle? Is dit geregtigheid? En nie net dit nie, maar iemand wat by die staat aanklop, die koning moet vir hom skuiling gee. Hoekom onderskeid? Enigiemand wat skuiling wil neem, "Meneer, ek wil in jou staat bly," hy behoort alles te ontvang wat nodig is. Waarom dan: "Nee, nee, jy kan nie kom nie. Jy is Amerikaans Jy is 'n Indiër. Jy is dit of dat."? Nee, daar is so baie dinge. En eintlik moet hulle net die beginsel volg, die Vediese beginsels, dan sal die ideale koning 'n goeie leier wees. En die natuur sal help. Daarom word gesê dat tydens die bewind van Maharaja Yudhiṣṭhira, kāmaṁ vavarṣa parjanyaḥ sarva-kama-dughā Mahi (SB 1.10.4). Mahi, die aarde. Kry elkeen al die noodsaaklikhede van die aarde af. Dit val nie uit die lug nie. Dit val wel uit die lug in die vorm van reën. Maar hulle ken nie die wetenskap van hoe die aarde alles voorsien as gevolg van verskillende reëling nie. Onder sekere omstandighede val die reën en het dit astronomiese invloed. So baie dinge word geproduseer, waardevolle stene, soos die pêrels. Hulle weet nie hoe hierdie dinge tot stand kom nie. So, as die koning vroom is, gee die natuur haar samewerking om hom te help. En indien die koning of die regering goddeloos is, dan werk die aarde nie saam nie.