AF/Prabhupada 0040 - Hier Is Die Allerhoogste Persoon



Lecture on BG 16.8 -- Tokyo, January 28, 1975


Daar is miljoene en miljoene en biljoene lewende entiteite, en in elke hart, daar is Hy. Sarvasya cāhaṁ hṛdi sanniviṣṭo mattaḥ smṛtir jñānam apohanaṁ ca (BG 15.15). Hy bestuur alles so. Indien ons dink dat Hy 'n beheerder is soos ons, dan is dit ons wanopvatting. Hy is die beheerder. Daar is die beheerder. Met 'n onbeperkte hoeveelheid kennis en 'n onbeperkte aantal assistente en met onbeperkte potensiaal, so bestuur Hy. Hierdie negeerders van persoonlikheid, hulle kan nie dink dat 'n persoon so onbeperk kragtig kan wees nie. Daarom word hulle onpersoonlik. Hulle kan nie dink nie. Die negeerders van persoonlikheid, hulle het geen verbeelding nie ... Hulle dink, "As iemand 'n persoon is, is hy 'n persoon soos ek. Ek kan dit nie doen nie. Daarom kan Hy dit nie doen nie. " Daarom is hulle mūḍha. Avajānanti Mam mūḍhāḥ (BG 9.11). Hulle vergelyk Krsna met hulself. Soos hy 'n persoon is, op soortgelyke wyse is Krsna 'n persoon. Hy is onkundig. Volgens Vediese inligting: "Hoewel Hy 'n persoon is, onderhou Hy die onbeperkte aantal persone." Dit weet hulle nie. Eko yo bahūnāṁ vidadhāti Kaman. Daardie een enkele persoon, Hy onderhou miljoene, baie miljoene, biljoene mense. Ons is elkeen, elkeen van ons is mens. Ek is iemand. Jy is iemand. Die mier is 'n persoon. Die kat is 'n persoon. Die hond is 'n persoon, en die insek is 'n persoon. Die bome is ook persone. Almal is 'n persoonlikheid. Almal is 'n persoonlikheid. En daar is 'n ander persoon. Dit is God, Krsna. Daardie een persoon onderhou hierdie verskeidenheid van miljoene en biljoene persone. Dit is die Vediese inligting ... Eko yo bahūnāṁ vidadhāti Kaman, nityo nityānāṁ cetanaś cetanānām (Katha Upaniṣad 2.2.13). Dit is die inligting.

So sê Krsna ook in die Bhagavad-Gita, ahaṁ sarvasya prabhavo mattaḥ sarvaṁ pravartate iti matvā bhajante māṁ... (BG 10.8) Daarom verstaan die aanhanger ​​deeglik :"Hier is een Allerhoogste Persoon, wat die leier is, wat die kontroleerder is, wat die onderhouer van alles is, " en gee homself dan oor en word dan Sy aanhanger(devotee).