AF/Prabhupada 1057 - Die Bhagavad-Gita staan ook bekend as die Gitopanisad, die Essensie van Vediese Kennis



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Prabhupāda:

oṁ ajñāna-timirāndhasya
jñānāñjana-śalākayā
cakṣur unmīlitaṁ yena
tasmai śrī-gurave namaḥ

(Ek bied my respekvolle eerbetoon aan my geestelike meester, wat my oë, wat verblind is deur die duisternis van onkunde, met die fakkel van kennis geopen het.)

śrī-caitanya-mano-'bhīṣṭaṁ
sthāpitaṁ yena bhū-tale
svayaṁ rūpaḥ kadā mahyaṁ
dadāti sva-padāntikam

(Wanneer sal Srila Rupa Gosvāmī Prabhupada, wat in hierdie materiële wêreld die beweging gestig het wat die begeerte van Heer Caitanya moet vervul, my skuiling bied onder sy lotus voete?)

vande 'haṁ śrī-guroḥ śrī-yuta-pada-kamalaṁ śrī-gurūn vaiṣṇavāṁś ca
śrī-rūpaṁ sāgrajātaṁ saha-gaṇa-raghunāthānvitaṁ taṁ sa-jīvam
sādvaitaṁ sāvadhūtaṁ parijana-sahitaṁ kṛṣṇa-caitanya-devaṁ
śrī-rādhā-kṛṣṇa-pādān saha-gaṇa-lalitā-śrī-viśākhānvitāṁś ca

(Ek bied my respekvolle eerbetoon aan die lotus voete van my geestelike meester en aan al die ander preseptore op die pad van gewyde diens. Ek bied my respekvolle eerbetoon aan al die Vaiṣṇavas en aan die Ses Gosvāmīs, insluitend Srila Rupa Gosvāmī, Srila Sanātana Gosvāmī, Raghunātha Dasa Gosvāmī, Jiva Gosvāmī en hul medewerkers. Ek bied my respekvolle eerbetoon aan Sri Advaita Ācārya Prabhu, Sri Nityānanda Prabhu, Sri Caitanya Mahaprabhu, en aan al sy aanhangers, onder leiding van Śrīvāsa Ṭhākura. Ek bied my respekvolle eerbetoon aan die lotus voete van Here Krsna, Śrīmatī Rādhārāṇī en al die gopis, wat onder leiding staan van Lalita en Visakha.)

he kṛṣṇa karuṇā-sindho
dīna-bandho jagat-pate
gopeśa gopikā-kānta
rādhā-kānta namo 'stu te

(O my liewe Krsna, see van genade, U is die vriend van almal in nood en die bron van die skepping. U is die meester van die beesherders en die liefhebber van die gopis, veral Rādhārāṇī. Ek bied my respekvolle eerbetoon aan U.)

tapta-kāñcana-gaurāṅgi
rādhe vṛndāvaneśvari
vṛṣabhānu-sute devi
praṇamāmi hari-priye

(Ek bied my eerbetoon aan Rādhārāṇī, wie se liggaamlike gelaatskleur soos die van gesmelte goud is en wat die Koningin van Vṛndāvana is. U is die dogter van koning Vṛṣabhānu, en U is baie na aan Heer Krsna.)

vāñchā-kalpatarubhyaś ca
kṛpā-sindhubhya eva ca
patitānāṁ pāvanebhyo
vaiṣṇavebhyo namo namaḥ

(Ek bied my respekvolle eerbetoon aan al die Vaiṣṇava aanhangers van die Here. Hulle is in staat om die begeertes van almal te vervul, net soos die begeerte- bome, en hulle is vol deernis vir die gevalle siele.)

śrī-kṛṣṇa-caitanya
prabhu-nityānanda
śrī-advaita gadādhara
śrīvāsādi-gaura-bhakta-vṛnda

(Ek bied my eerbetoon aan Sri Krsna Caitanya, Prabhu Nityānanda, Sri Advaita, Gadādhara, Śrīvāsa en al die aanhangers van die Heer Caitanya.)

hare kṛṣṇa hare kṛṣṇa kṛṣṇa kṛṣṇa hare hare
hare rāma hare rāma rāma rāma hare hare

(My liewe Here, asook die geestelike energie van die Here, wees so gaaf en betrek my in U diens. Hierdie materiële diens stel my nou in die verleentheid. Betrek my asseblief in U diens.)

Inleiding tot Gītopaniṣad deur AC Bhaktivedanta Swami, die skrywer van Śrīmad-Bhagavatam, Easy journey to other planets, redakteur van Terug na Godheid, ens Die Bhagavad-Gita is ook bekend as Gītopaniṣad, die Essensie van Vediese kennis, en ook een van die belangrikste van die verskillende Upaniṣads in Vediese literatuur. Vir hierdie Bhagavad-Gita, is daar baie kommentare in Engels en die noodsaaklikheid van 'n ander Engelse kommentaar van die Bhagavad-Gita kan op die volgende manier verduidelik word. Een ... Een Amerikaanse dame, mev Charlotte Le Blanc het my gevra om 'n Engelse uitgawe van Bhagavad-Gita wat sy kan lees, aan te beveel. In Amerika is daar natuurlik so baie uitgawes van die Bhagavad-Gita in Engels, maar tot dusver is daar nie een van die wat ek gesien het, nie net in Amerika nie, maar ook Indië, wat as gesaghebbend beskou kan word nie, want die kommentaar in byna elkeen is 'n eie mening oor die Bhagavad-Gita sonder om die gees van Bhagavad-Gita soos dit is, aan te raak. Die gees van Bhagavad-Gita word in die Bhagavad-Gita self genoem. Dit is net soos dit is. As ons 'n bepaalde medisyne moet neem, dan moet ons die bepaalde aanwysings wat op die etiket van die medisyne verskyn, volg. Ons kan nie die spesifieke medisyne neem volgens ons eie aanwysings of die aanwysings van 'n vriend nie, maar ons moet die medisyne neem volgens die aanwysings soos gegee op die etiket van die bottel en soos deur die geneesheer voorsgeskryf. Net so, moet die Bhagavad-Gita ook aanvaar word net soos dit is, aangesien dit deur die spreker self gegee word.