AF/Prabhupada 1071 - As ons met met die Here assosieer, saam met Hom werk, dan word ons ook gelukkig



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Ons kan ook onthou dat wanneer ons van "Krsna" praat is dit nie 'n sektariese naam nie. Die "Krsna" naam beteken die hoogste plesier. Dit word bevestig dat die Allerhoogste Here die reservoir is, die stoorkamer van alle plesier. Ons hunker almal na plesier. Ānandamayo 'bhyāsāt (Vedanta-Sutra 1.1.12). Die lewende entiteite of die Here, omdat ons bewussyn het, is ons bewussyn dus opsoek na geluk. Geluk. Die Here is ook voortdurend gelukkig, en as ons saam met die Here verkeer, saam met Hom werk, deelneem aan Sy assosiasie, dan word ons ​​ook gelukkig. Die Here daal neer na hierdie sterflike wêreld om Sy tydverdrywe vol van geluk in Vṛndāvana te wys. Toe Here Sri Krsna in Vṛndāvana was, was Sy aktiwiteite saam met Sy beesherder-seunsvriende, saam met Sy diensmeisies, saam met sy vriende, meisie vriende, en saam met die inwoners van Vṛndāvana en Sy beesherder aktiwiteite in Sy kinderjare, en al hierdie tydverdrywe van Heer Krsna was vol van geluk. Die hele Vṛndāvana, die hele bevolking van Vṛndāvana, was agter hom. Hulle het hom nie anders geken as Krsna nie.. Selfs Nanda Maharaja was beperk in sy offers aan die demigod, Indra Nanda Maharaja in aanbidding van die halfgod Indra, want Hy wou bevestig dat mense nie nodig het om enige ander halfgod te aanbid nie, behalwe die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid. omdat die uiteindelike doel van die lewe is om terug te keer na die woning van die Oopper Heer. Die woning van Here Krsna word in die Bhagavad-Gita beskryf, in Hoofstuk 15, vers 6,

na tad bhāsayate sūryo
na śaśāṅko na pāvakaḥ
yad gatvā na nivartante
tad dhāma paramaṁ mama
(BG 15.6)

So, die beskrywing van die ewige hemelruim ... Wanneer ons praat van die hemel, omdat ons 'n materiële opvatting van die hemelruim het, dink ons ​​dus aan die hemelruim met die son, maan, sterre, soos dit. Maar die Here sê dat in die ewige hemel is daar geen behoefte aan die son nie. Na tad bhāsayate sūryo na śaśāṅko na pāvakaḥ (BG 15.6). In die ewige hemel is daar geen behoefte aan die maan nie. Na pāvakaḥ beteken daar is geen noodsaaklikheid van elektrisiteit of vuur vir lig nie want die geestelike hemelruim word reeds verlig deur die brahma-jyotir. Brahmajyoti, yasya prabhā (BS 5.40), die strale van die hoogste woning. En in vandag se dae wanneer mense probeer om ander planete te bereik, is dit nie baie moeilik om die woning van die Allerhoogste Heer te verstaan nie. Die woning van die Opper Heer is in die geestelike hemelruim en dit word Goloka genoem. In die Brahma-Samhita word dit baie mooi beskryf, goloka eva nivasaty akhilātma-bhūtaḥ (BS 5.37). Die Here, alhoewel Hy vir ewig in sy woning, Goloka, woon is Hy steeds akhilātma-bhūtaḥ, Hy kan nog steeds van hieraf ook genader word. En die Here kom dus om Sy werklike vorm, sac-cid-ānanda-vigraha (BS 5.1), te openbaar, sodat ons onsself nie hoef te verbeel nie. Daar is geen sprake van verbeelding nie..