AF/Prabhupada 1078 - Gebruik die Verstand en Intelligensie-en dink vier en twintig uur aaneen aan die Here, wees daarin geabsorbeer



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Wanneer jy 'n sterk gevoel van liefde het vir die Allerhoogste Here, is dit moontlik om jou pligte kan uit te voer, en terselfde tyd die Here te onthou. So moet ons die vaardigheid ontwikkel. Net soos Arjuna wat altyd aan die Here gedink het. Hy het, uit vier en twintig uur, nie vir 'n sekonde van Krsna vergeet nie. Hy was 'n konstante metgesel van Krsna. Ter selfdetyd, was hy 'n krygsman. Heer Krsna het Arjuna nie aangeraai om op te hou veg, om na die woud te gaan of na die Himalaya om daar te gaan mediteer nie. Toe die joga stelsel vir Arjuna aanbeveel is, het Arjuna dit van die hand gewys, omdat "Hierdie stelsel is nie vir my moontlik nie." Toe het die Here gesê, yoginām api sarveṣāṁ mal-gatenāntarātmanā (BG 6.47). Mad-gatenāntarātmanā śraddhāvān bhajate yo māṁ sa me yuktatamo mataḥ. Die een wat gedurig aan die Opper Heer dink, hy is die grootste Yogi, Hy is die bonatuurlike jñānī, en hy is terselfde tyd ook die grootste aanhanger. Die Here se aanbeveling is tasmāt sarveṣu kāleṣu mām anusmara yudhya ca (BG 8.7). "As 'n kṣatriya kan jy nie ophou veg nie, veg is jou besigheid. Jy moet veg. Terselfde tyd, as jy oefen om my deurentyd te onthou, dan sal dit moontlik wees, " anta-kāle ca mām eva smaran (BG 8.5), "dan sal dit moontlik wees om My ook te onthou ten tye van die dood." Mayy arpita-mano-buddhir mām evaiṣyasy asaṁśayaḥ. Weereens sê Hy dat daar geen twyfel is nie. As 'n mens geheel en al oorgegee is in die diens van die Here, in die transendentale liefdevolle diens van die Here, mayy arpita-hand-buddhir (BG 8.7). ons werk eintlik nie met ons liggaam nie. Ons werk met ons verstand en intelligensie. So, as ons intelligensie en verstand altyd besig is met gedagtes oor die Opper Heer, dan sal ons ​​sintuie natuurlik ook betrokke wees in die diens van die Here. Dit is die geheim van die Bhagavad-Gita. 'n Mens moet net die kuns aanleer, hoe om geabsorbeer te wees, beide deur die verstand en intelligensie, vier en twintig uur van die dag, deur net te dink aan die Here. En dit sal enigeen help om homself na die koninkryk van God oor te plaas of na die geestelike atmosfeer, wanneer hierdie materiële liggaam verlaat word. Die moderne wetenskaplikes, hulle probeer al vir jare en jare om die maan planeet te bereik, en hulle het nog geen vordering gemaak nie. Maar hier in die Bhagavad-Gita, hier is 'n voorstel. Veronderstel 'n mens leef vir nog vyftig jaar, en hy ... en niemand probeer in die vyftig jaar om homself tot geestelike gedagtes te verhef nie. Dit is 'n baie goeie idee. Maar as iemand vir selfs tien jaar of vyf jaar opreg hierdie praktyk beoefen, mayy arpita-hand-buddhir (BG 8.7) ... Dit is net 'n kwessie van oefen. En die praktyk word heel moontlik gemaak deur die gewyde proses śravaṇaṁ. Śravaṇaṁ. Die maklikste proses is om te hoor.

śravaṇaṁ kīrtanaṁ viṣṇoḥ
smaraṇaṁ pāda-sevanam
arcanaṁ vandanaṁ dāsyaṁ
sakhyam ātma-nivedanam
(SB 7.5.23)

Daar is nege prosesse. En die maklikste proses is eenvoudig om te luister.