AF/Prabhupada 1080 - Opgesom in die Bhagavad-Gita - Krishna is een God. Krishna is nie 'n sektariese God nie



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Die Here sê baie duidelik in die laaste deel van die Bhagavad-Gita, ahaṁ tvāṁ sarva-pāpebhyo mokṣayiṣyāmi mā śucaḥ (BG 18.66). Die Here neem die verantwoordelikheid. Vir iemand wat oorgee aan die Here, neem Hy die verantwoordelikheid om hom te vrywaar, te vrywaar van alle reaksies van sondes.

mala-nirmocanaṁ puṁsāṁ
jala-snānaṁ dine dine
sakṛd gītāmṛta-snānam
saṁsāra-mala-nāśanam
(Gītā-māhātmya 3)

Iemand reinig homself daagliks deur te bad in water, maar iemand wat een keer in die heilige Ganges water van Bhagavad-Gita bad, se vuil materiële lewe word heeltemal oorwin.

gītā su-gītā kartavyā
kim anyaiḥ śāstra-vistaraiḥ
yā svayaṁ padmanābhasya
mukha-padmād viniḥsṛtā
(Gītā-māhātmya 4)

Omdat die Bhagavad-Gita deur die Hoogste Persoonlikheid van Godheid gespreek word, moet mense dit dus lees... Mense mag dalk nie al die ander Vediese literatuurstudies lees nie. As iemand eenvoudig die Bhagavad-Gita aandagtig en gereeld lees en hoor, dan gītā su-gītā kartavyā..... En 'n mens moet hierdie metode onder alle omstandighede aanvaar. Gītā su-gītā kartavyā kim anyaiḥ śāstra-vistaraiḥ. Want in die huidige era word mense deur soveel dinge beskaam, dat dit skaars moontlik is om sy aandag op al die Vediese literatuur te vestig. So hierdie een literatuurstudie sal voldoene wees, want dit is die essensie van alle Vediese literatuur, en veral omdat dit deur die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid gespreek word.

bhāratāmṛta-sarvasvaṁ
viṣṇu-vaktrād viniḥsṛtam
gītā-gaṅgodakaṁ pītvā
punar janma na vidyate
(Gītā-māhātmya 5)

Dit word gesê dat iemand wat die water van die Ganges drink, gered word, so wat dan nog te sê van die Bhagavad-Gita? Die Bhagavad-Gita is die nektar in die hele Mahabharata, en word deur Visnu gespreek. Heer Krsna is die oorspronklike Visnu. Visnu-vaktrād viniḥsṛtam. Dit kom uit die mond van die Allerhoogste Persoonlikheid van Godheid self. En gaṅgodakaṁ, dit word gesê dat die Ganges uit die lotus voete van die Here spruit, en Bhagavad-Gita kom uit die mond van die Here. En natuurlik is daar geen verskil tussen die mond en die voete van die Opperste Here nie. Tog, uit 'n neutrale posisie kan ons 'n studie maak en besef dat die Bhagavad-Gītā selfs meer belangrik is as die Ganges water.

sarvopaniṣado gāvo
dogdhā gopāla-nandana
pārtho vatsaḥ su-dhīr bhoktā
dugdhaṁ gītāmṛtaṁ mahat
(Gītā-māhātmya 6)

So ... Hierdie Gītopaniṣad is net soos 'n koei, en die Here is bekend as die bees-herder, en Hy het die koei gemelk. Sarvopaniṣado. En dit is die essensie van alle Upaniṣads en word verteenwoordig deur die koei. En die Here wat die deskundige beesherder was, Hy het die koei gemelk. En Partho vatsaḥ. En Arjuna was net soos die kalf. En su-dhīr bhoktā. En geleerde navorsers en suiwer aanhangers, is veronderstel om hierdie melk te neem. Su-dhīr bhoktā dugdhaṁ gītāmṛtaṁ Mahat. Die nektar, die melk van die Bhagavad-Gita, is bedoel vir geleerde aanhangers.

ekaṁ śāstraṁ devakī-putra-gītam
eko devo devakī-putra ev
eko mantras tasya nāmāni yāni
karmāpy ekaṁ tasya devasya sevā
(Gītā-māhātmya 7)

Die wêreld moet nou uit die Bhagavad-Gita die les leer. Evaṁ śāstraṁ devakī-putra-gītam. Daar is net een Geskrif, een gemeenskaplike Geskrif vir die hele wêreld, vir al die mense van die hele wêreld, en dit is hierdie Bhagavad-Gita. Devo Devaki-Putra eva. En daar is een God vir die hele wêreld, Sri Krsna. En eko mantras tasya nāmāni. En een lied, een mantra, slegs net een lied, een gebed, die een lied, en chant(sing) Sy naam, Hare Krsna Hare Krsna Krsna Krsna Hare Hare, Hare Rama Hare Rama Rama Rama Hare Hare. Eko mantras tasya nāmāni yāni karmāpy ekaṁ tasya devasya sevā. En daar is net een werk, en dit is om die hoogste Persoonlikheid van Godheid te dien. Soos 'n mens uit Bhagavad-Gita leer, is die mense baie angstig om een godsdiens, een God, een Geskrif, en een besigheid of een aktiwiteit van die lewe te hê. Dit word opgesom in die Bhagavad-Gita. Die een, die een God, is Krsna. Krsna is nie 'n sektariese God nie. Krsna, uit die naam van Krsna ... Krsna beteken, soos ons hierbo verduidelik het, Krsna beteken die grootste plesier.