AF/Prabhupada 0044 - Om Die Opdragte Van Die Meester te Gehoorsaam Is Diensbaarheid

Revision as of 01:01, 12 July 2019 by Vanibot (talk | contribs) (Vanibot #0023: VideoLocalizer - changed YouTube player to show hard-coded subtitles version)
(diff) ← Older revision | Latest revision (diff) | Newer revision → (diff)


Lecture on BG 4.1 -- Montreal, August 24, 1968

So dit beteken dat hy Kṛṣṇa se aanwysings volg. Dit is al. Hy gee nie om dat "Ek gaan Krsna se vyand wees nie." Die beginsel is dat hy gehoorsaam volg. As Krsna sê "Jy moet my vyand word," Dan word ek Sy vyand. Dit is bhakti-joga. Ja. Ek wil Krsna tevrede stel. Net soos 'n meester vir die dienaar vra "Slaan my hier." So sal hy slaan. Dit is diens. Die ander mag dalk sien, "O, hy slaan en hy dink, Ek dien? Wat is dit? Hy slaan. " Maar die meester wil hê dat "Jy moet my slaan." Dit is diens. Diens beteken dat jy moet luister na die opdrag van die meester. Dit maak nie saak wat dit is. Daar is baie mooi voorbeeld in Heer Caitanya se lewe, oor Hom en sy persoonlike dienaar Govinda. So, nadat Heer Caitanya prasādam geneem het, sou Govinda daarna ook neem. So 'n dag, het Heer Caitanya, nadat hy prasādam geneem het, homself op die drumpel neergelê. Wat word dit genoem? Drumpel? Deur? Ingang. So Govinda het verby Hom beweeg. Govinda het gewoonlik na ete sy bene masseer, terwyl Hy gerus het. So Govinda het verby Heer Caitanya beweeg en sy bene gemasseer. Toe het Heer Caitanya geslaap, en, sê, na 'n halfuur, Toe het Hy gesien en gesê, "Govinda, jy het nog nie jou prasādam geneem nie?" "Nee, meneer." "Hoekom nie?" "Ek kan nie verby jou kom nie. Jy lê hier." "Hoe het jy dan hier gekom?" "Ek het verby gekom." "Hoe het jy in die eerste plek verby gekom, waarom dan nie nie weer verby kom nie?" "Ek het verby gekom om jou te dien. En kan egter nie verby U kom om my prasādam te neem nie. Dit is nie my plig nie. Dit is vir myself. En dit is vir U. " So, vir Krsna se plesier kan jy Sy vyand word, kan jy Sy vriend word, kan jy enigiets word. Dit is bhakti-joga. Omdat jou doel is om Krsna te bevredig. En sodra die oomblik kom, wanneer jy jou eie sintuie behaag, kom jy na materiële wêreld, onmiddellik.

kṛṣṇa-bahirmukha hañā bhoga vāñchā kare
nikaṭa-stha māyā tāre jāpaṭiyā dhare
(Prema-vivarta)

Sodra ons van Krsna vergeet en ons wil dinge doen vir ons eie bevrediging, dit is māyā. En sodra ons hierdie proses van persoonlike bevrediging opgee en alles vir Krsna doen, dit is bevryding.