AF/Prabhupada 0019 - Wat Jy Ook Al Hoor Moet Jy Aan Ander Oorvertel



Jagannatha Deities Installation Srimad-Bhagavatam 1.2.13-14 -- San Francisco, March 23, 1967

Veronderstel as jy wil iets van my weet of iets oor my weet, dan kan jy 'n paar vriende vra, "O, hoe is Swamiji?" Hy kan iets vertel; ander kan iets anders vertel. Maar wanneer ek myself aan jou verduidelik, "Dit is my posisie. Dis wie ek is," dit is perfek. Dit is perfek. So as jy die Absolute Hoogste Persoonlikheid van Godheid wil leer ken, kan jy nie spekuleer nie, ook nie mediteer nie. Dit is net nie moontlik nie, omdat jou sintuie te onvolmaak is. So, wat is die regte pad? Hoor net van Hom. Hy het vriendelik in die Bhagavad-Gita kom sê. Śrotavyaḥ: "Probeer net om te hoor." Śrotavyaḥ en kīrtitavyaś ca. As jy net in die klas luister en hoor van Krsna bewustheid; en dan uitgaan en vergeet, o, dit is nie goed nie. Dit sal nie veroorsaak dat jy verbeter nie. Hoe dan? Kīrtitavyaś ca: "Wat jy hoor, moet jy aan ander vertel." Dit is perfeksie. Daarom het ons 'Terug na Godheid. Die studente word toegelaat, wat hulle ookal hoor, moet hulle deurdink en daaroor skryf. Kīrtitavyaś ca. Moenie net eenvoudig hoor nie. "O, ek hoor al vir miljoene jare, maar nog steeds, verstaan ek nie" - Dis omdat jy nie sing nie, jy het nie herhaal wat jy gehoor het nie. Jy moet herhaal. Kīrtitavyaś ca. śrotavyaḥ kīrtitavyaś ca dhyeyaḥ. En hoe sal jy oor Hom kan skryf of kan vertel as jy nie oor Hom dink nie? Jy hoor oor Krsna; jy dink daaroor, dan kan jy vertel. Andersins nie. So śrotavyaḥ kīrtitavyaś ca dhyeyaḥ en pūjyaś ca. En jy moet ook aanbid. Daarom benodig ons hierdie Godheid vir die aanbidding. Ons moet dink, ons moet praat, ons moet hoor, en ons moet aanbid, pūjyaś ca ... Net soms? No. Nityadā: gereeld, gereeld. Nityadā, dit is die proses. So iemand wat hierdie proses aanneem, hy kan ​​die Absolute Waarheid verstaan. Dit is die duidelike verklaring in die Śrīmad-bhagavatam.