AF/Prabhupada 0025 - As Dit Wat Ons Gee Eg Is, Sal dit Werk



Conversation with Yogi Amrit Desai of Kripalu Ashram (PA USA) -- January 2, 1977, Bombay

Yogi Amrit Desai: Ek het so baie liefde vir jou, en ek het gesê ek moet kom vir 'n darśana.

Prabhupada: Dankie.

Yogi Amrit Desai: Ek was besig om met die aanhangers te gesels. Ek het gesê dat jy ...

Prabhupada: Jy is saam met dr Mishra?

Yogi Amrit Desai: Nee, ek is nie. Ek het al die aanhangers hier vertel Ek het gesê Sri Prabhupada is die eerste man wat bhakti na die Weste gebring het, waar dit die nodigste is. Want daar verkeer hulle net so baie in die kop, besig om te dink, dink, dink. Hierdie pad van die liefde is so diepgaande.

Prabhupada: Kyk maar net. Dis wanneer jy 'n ware opregte ding aanbied

Yogi Amrit Desai: Baie suiwer en eg.

Prabhupada: Dit sal nog besef word.

Yogi Amrit Desai: Dit is die rede waarom dit so pragtig groei, omdat dit eg is.

Prabhupada: En dit is die plig van die Indiërs om aan hulle die ware ding te gee. Dit is para-upakara. Voor my, al hierdie swamis en yogis gekom om almal te kul. Yogi Amrit Desai: Nee, hulle was bang om die waarheid te praat, hulle was bang hulle sou nie aanvaar word nie. Prabhupada: Hulle het nie geweet wat die waarheid is nie. (Lag) hulle was nie bang nie. Hoekom? Indien iemand op die platform van die waarheid is, waarom moet hy bang wees?

Yogi Amrit Desai: Natuurlik.

Prabhupada: Hulle het nie geweet wat die waarheid is, beginnende by Vivekananda.

Yogi Amrit Desai: Al die pad, reg so. Sien, nadat jy ... Ek was in 1960 daar. Ek het begin om joga te onderrig. Maar nadat jy gekom het, het ek vreesloos geword en bhakti en die sing mantrasonderrig. So nou het ons baie bhakti in die asrama, baie bhakti. En ek betoon daaroor respek teenoor jou, want ek was bang om dit aan hulle te gee omdat ek gedink het, "Hulle is Christene. Hulle sal nie van soveel toewyding hoe nie. Hulle sal misverstaan." Maar jy het 'n wonderwerk verrig. God, Krsna, het deur jou 'n wonderwerk verrig. Dit is net ongelooflik, die grootste wonderwerk op aarde. Ek voel nou so sterk daaroor.

Prabhupada: Dit is baie vriendelik van jou om hierdie stelling te maak. Indien ons 'n ware ding gee, sal daar 'n reaksie wees.

Yogi Amrit Desai: Right. Dit is wat ek ook doen. Almal ... Ons het ongeveer 180 mense wat permanent in die asrama bly, en hulle is almal selibaat. Almal word 04:00 wakker, en hulle gaan slaap teen 09:00. En hulle maak nie kontak met mekaar nie. Hulle slaap in verskillende kwartiere. Hulle sit selfs afsonderlik in sat-sanga. Alles verloop streng. Geen dwelms, geen alkohol, geen vleis, geen tee, geen koffie, knoffel, geen uie. Alles suiwer.

Prabhupada: Baie goed. Ja. Ons volg dit ook.

Yogi Amrit Desai: Ja.

Prabhupada: Maar het jy 'n Godheid?

Yogi Amrit Desai: Ja. Heer Krsna en Radha is ons Gode. My guru is Swami Kripalu-anandi. Hy is in ... Naby Baroda hy het 'n asrama. Hy beoefen sy sadhana vir sewe-en-twintig jaar, en vir twaalf jaar was daar 'n doodse stilte. Die laaste paar jaar het hy een of twee keer 'n jaar gepraat, want baie mense vra daarna.

Prabhupada: Is hy besig om te chant(sing)?

Yogi Amrit Desai: Hy chant. Tydens sy stilte, word hy toegelaat om te sing. Want hy sê ... As jy die naam van die Here sê, beteken dit nie dat jy die stilte verbreek nie. So hy chant.

Prabhupada: Stilte beteken dat ons nie onsin praat nie. Ons moet Hare Krsna sing. Dit is die stilte. In plaas van jou tyd mors, praat oor hierdie materiële dinge, laat ons eerder Hare Krsna sing. Dit is positief. En die suiwer stilte is negatief. Stop onsin; praat sin.

Yogi Amrit Desai: Reg! Dit is reg.

Prabhupada: Param drstva nivartate (BG 2.59). Param drstva nivartate. As iemand ophou met sy nonsens, dan param, die Hoogste ... Param drstva nivartate. Wanneer jy iets beter kry, gee jy natuurlik die nonsens op. So enigiets materieël, dit is onsin. Karma, Jnana, joga, dit is almal materieël. Karma, Jnana, joga. Selfs tot by die sogenaamde jogas, dit is alles materieël.