AF/Prabhupada 0061 - Hierdie Liggaam is niks anders as ‘n Sak Vel, Been en Bloed nie



Northeastern University Lecture -- Boston, April 30, 1969

My liewe seuns en meisies, baie dankie dat julle hierdie byeenkoms bygewoon het. Ons versprei hierdie Kṛṣṇa- bewustheid beweging omdat daar so 'n groot behoefte vir hierdie beweging oor die hele wêreld is, en dit is so 'n maklike proses. Dit is die groot voordeel. Eerstens, probeer verstaan wat die transendentale platform is. So ver dit ons lewensomstandighede betref, is ons op verskillende platvorms So, ons moet eerstens op die transendentale platform staan Dan kan daar sprake wees van transendentale meditasie. In die Bhagavad-gītā, in die derde hoofstuk, sal jy vind dat daar verskillende vlakke of toestande van gekondisioeneerde lewe beskryf word. Die eerste is indriyāṇi parāṇy āhur... (BG 3.42). Sanskrit, indriyāṇi Die eerste vlak is die liggaamlike opvatting van die lewe. Elkeen van ons in hierdie materiële wêreld staan onder die liggaamlike opvatting van die lewe. Ek dink soos 'n Indiër, "Ek is Indiër." Jy dink jy is 'n Amerikaner. Iemand anders dink, "Ek is Russues." Iemand anders dink weer, "Ek is iemand anders." Dus, elkeen dink "Ek is hierdie liggaam." Dit is een standaard, of een platform. Die platform word die sentuiglike platform genoem omdat, so lank as wat ons liggaamlike opvatting van die lewe het, dink ons dat geluk sintuiglike bevrediging beteken. Dit is al. Geluk beteken sintuiglike bevrediging omdat die liggaam sintuie beteken. So indriyāṇi parāṇy āhur indriyebhyaḥ paraṁ manaḥ (BG 3.42). Heer Kṛṣṇa sê dat in die materiële konsep van die lewe, of in die liggaamlike konsep van die lewe, ons sintuie baie prominent is. Dit is op die oomblik so. Nie net op hierdie oomblik nie, maar sedert die skepping van hierdie materiële wêreld. Dit is een van ons kwale: "Ek is hierdie liggaam" Śrīmad-Bhāgavata sê dat yasyātma-buddhiḥ kuṇape tri-dhātuke sva-dhīḥ kalatrādiṣu bhauma ijya-dhiḥ (SB 10.84.13) dat "Enigiemand wat die konsep van hierdie liggaamlike siening het, "Ek is die liggaam..." Ātma-buddhiḥ kuṇape tri-dhātu. Ātma-buddhiḥ beteken die konsep van die self as hierdie sak vel en been. Dit is 'n sak. Hierdie liggaam is 'n sak vel, been, bloed, urine, stoelgang, en so baie mooi dinge. Sien jy? Maar ons dink "Ek is die sak been en vel en stoelgang en urine. Dit is ons skoonheid. Dit is ons alles."

Daar is so baie mooi stories... Maar natuurlik, ons tyd is baie kort. Tog wil ek 'n kort storie te vertel, daar was 'n man, 'n seun, wat baie aangetrokke was tot 'n pragtige meisie. Die meisie se gevoel was nie wederkeurig nie en die seun was knaend. In Indië hou die meisies hulle streng by kuisheid. Die meisie was nie eens met hom nie. So sê sy toe: "Goed, ek stem in. Kom sien my na een week." Sy bepaal die tyd en plek. Die seun was baie bly. Die meisie neem toe vir die sewe dae purgeermiddels, en sy passeer baie stoelgang, dag en nag, asook braking, en sy het al die stoelgang en braking in 'n mooi pot gehou. Toe die tyd aanbreek het die seun opgedaag en die meisie het by die deur gesit Die seun vra toe: "Waar is daardie meisie?" Sy het gesê: "Ek is die meisie." "Nee, nee. Jy is nie. Jy is so lelik. Sy was so mooi. Jy is nie daardie meisie nie." "Nee, ek is daardie meisie, maar ek het my nou van my skoonheid in daardie pot geskei." "Wat is dit?" Sy wys hom: "Dit is die skoonheid, die stoelgang en die braaksel. Dit is die bestandele..." Eintlik kan enige iemand baie sterk of baie mooi wees- indien hy stoelgang passeer vir drie of vier keer, verander alles onmiddellik.

So my punt is dit, soos in die Śrīmad-bhagavatam gesê word, hierdie liggaamlike konsep van die lewe is nie baie hoopvol nie. Yasyātma-buddhiḥ kuṇape tri-dhātuke (SB 10.84.13).