AF/Prabhupada 0080 - Krsna Hou Baie daarvan om Saam met Sy Vriende te Speel



Lecture on CC Madhya-lila 21.13-49 -- New York, January 4, 1967

e-mata anyatra nāhi śuniye adbhuta
yāhāra śravaṇe citta haya avadhūta
'kṛṣṇa-vatsair asaṅkhyātaiḥ'-śukadeva-vāṇī
kṛṣṇa-saṅge kata gopa-saṅkhyā nāhi jāni
(CC Madhya 21.18-19)

Gopa. Krsna, weet jy, daar is Hy in sy woning, net soos 'n sestien-jaar-oue seun, en Sy vernaamste tydverdryf is om saam met sy vriende, sy seunsvriende, die koeie te neem om in die veld te wei, en saam met hulle te speel . Dit is Kṛṣṇa se daaglikse bedrywighede. So, Śukadeva Gosvāmī het 'n baie mooi vers hieroor geskryf, dat hierdie seuns wat saam met Kṛṣṇa speel, in hul vorige lewens hope vroom aktiwiteite opgehoop. Kṛta-puṇya-puñjāḥ (SB 10.12.11). Sākaṁ vijahruḥ. Itthaṁ satāṁ brahma-sukhānubhūtyā. Śukadeva Gosvāmī skryf. Hierdie seuns wat met Krsna speel, met wie speel hulle? Hulle speel met die Hoogste Absolute Waarheid, wat deur die groot geleerdes as onpersoonlik beskou word. Itthaṁ satāṁ brahma... Brahma-sukha. Brahma, transendentale Brahman verwesenliking. Die reservoir van Brahman verwesenliking is hier, Kṛṣṇa. So, hierdie seuns wat met Kṛṣṇa gespeel het, Hy is die reservoir van die Brahman verwesenliking. Itthaṁ satāṁ brahma-sukhānubhūtyā dāsyaṁ gatānāṁ para-daivatena. En dāsyaṁ gatānām, diegene, dit wil sê die devotees (aanhangers), wat die hoogste Heer as Meester aanvaar het, , vir hulle is hierdie Kṛṣṇa die Allerhoogste Heer. Vir die impersonaliste is Hy die Hoogste Brahman, en vir die personaliste is Hy die Allerhoogste Heer. En māyāśritānāṁ nara-dārakeṇa. En vir die wat onder die betowering van materialisme verkeer, vir hulle is Hy net 'n gewone seun. Māyāśritānāṁ nara-dārakeṇa sākaṁ vijahruḥ kṛta-puṇya-puñjāḥ (SB 10.12.11). Saam met Hom het hierdie seuns, wat miljoene en miljoene geboortes se vroom aktiwiteite opgehoop het, het nou die geleentheid om met Krsna, van aangesig tot aangesig soos gewone seuns, te speel. Netso is Kṛṣṇa baie lief om met Sy jong seunsvriende te speel. Wat word in die Brahma-Samhita genoem. Surabhīr abhipālayantam, lakṣmī-sahasra-śata-sambhrama-sevyamānam (Bs. 5.29). Hierdie dinge word ook hier verduidelik.

eka eka gopa kare ye vatsa cāraṇa
koṭi, arbuda, śaṇkha, padma, tāhāra gaṇana
(CC Madhya 21.20)

Daar is so baie vriende, beesherder seuns, dat niemand hulle kan tel nie. Niemand ... Onbeperk, alles is onbeperk. Hulle het 'n onbeperkte aantal koeie, daar is 'n onbeperkte aantal vriende, so alles is onbeperk.

vetra, veṇu dala, śṛṅga, vastra, alaṅkāra,
gopa-gaṇera yata, tāra nāhi lekhā-pāra
(CC Madhya 21.21)

En hierdie beesherders seuns, hulle het elk 'n kierie in die hand, vetra. En elkeen van hulle het ook 'n fluit. Vetra veṇu dala. En 'n lotus blom, en 'n śṛṅgara, 'n horing. Śṛṅgara vastra en is ook baie mooi geklee. En vol versierings. Net soos Kṛṣṇa geklee is, op soortgelyke wyse, is Sy vriende, die beesherder seuns, ook geklee. In die geestelike wêreld, wanneer jy daarheen gaan, sal jy nie in staat wees om te onderskei wie Kṛṣṇa is of wie nie Kṛṣṇa is nie Almal is soos Kṛṣṇa. Net so is almal in die Vaikuṇṭha planete soos Visnu. Dit word sarupya-mukti genoem. Die lewende entiteite, wanneer hulle die geestelike planete binnegaan, hulle raak net soos Kṛṣṇa en Viṣṇu - daar is geen verskil nie - want dit is 'n absolute wêreld. Hier bestaan die verskil wel. Die impersonaliste, kan hulle nie verstaan ​​dat daar selfs in individualiteit geen verskil is nie. Sodra hulle aan individualiteit dink, o, dan dink hulle dat daar 'n verskil is. Wat is bevryding dan? Ja. En eintlik is daar geen verskil nie. Die verskil is net dat Kṛṣṇa se persoonlikheid en persoonlikhede van ander, bewus is daarvan dat "Ons doel van die liefde, Kṛṣṇa is ." Dis dit. Die middelpunt is Kṛṣṇa. Op hierdie manier kan die individuele seuns en meisies en Kṛṣṇa, almal geestelike vervulling geniet.