AF/Prabhupada 0085 - Met die Kultuur van Kennis word Bedoel Spirituele Kennis



Lecture on Sri Isopanisad, Mantra 9-10 -- Los Angeles, May 14, 1970

"Die wyse het aan ons verduidelik dat daar een resultaat volg uit die kultuur van kennis, en daar word gesê dat 'n ander resultaat verkry word vanaf die kultuur van onkunde. " So gister het ons in 'n mate die kultuur van onkunde verduidelik en wat is die kultuur van kennis? Die kultuur van kennis beteken geestelike kennis. Dit is ware kennis. En vordering in kennis ten opsigte van gemak of die beskerming van hierdie materiële liggaam, dit is die kultuur van onkunde. Omdat jy egter probeer om hierdie liggaam te beskerm, sal die natuurlike verloop plaasvind. Wat is dit? Janma-mṛtyu-jarā-vyādhi (BG 13.9). Jy kan nie hierdie liggaam van herhaalde geboorte en dood vrystel nie, en terwyl dit gemanifesteer is, is daar siekte en oud word. So mense is baie besig met die opbou van kennis oor hierdie liggaam, hoewel hulle elke oomblik kan sien hoe hierdie liggaam verval. Die dood van die liggaam was geregistreer tydens geboorte. Dit is 'n feit. So kan jy nie die natuurlike verloop van hierdie liggaam stuit nie. Jy moet deur die prosesse van die liggaam gaan, naamlik, geboorte, dood, ouderdom, en siekte.

So Bhāgavata sê dus yasyātma-buddhiḥ kuṇape tri-dhātuke (SB 10.84.13). Hierdie liggaam word uit drie primêre elemente saamgestel: slym, gal, en lug. Dit is die Vediese weergawe en Ayurvediese benadering. Hierdie liggaam is 'n sak vol slym, gal, en lug. In die gryse ouderdom raak die lugsirkulasie versteur; Daarom kry ou mense rumatiek, daar is soveel liggaamlike kwale. So Bhāgavata sê: "Een wat hierdie kombinasie van gal, slym, en lug aanvaar het as die self, Hy is 'n donkie. " Eintlik is dit 'n feit. As ons hierdie kombinasie van gal, slym, en lug as myself aanvaar... So 'n intelligente persoon, 'n baie groot filosoof, 'n baie groot wetenskaplike, beteken dit dat hy 'n kombinasie van gal, slym en lug is? Nee, dit is die fout. Hy is verskillend van hierdié gal of slym of lug. Hy's die siel. En volgens sy karma, vertoon hy, manifesteer hy sy talente. So, hulle verstaan nie hierdie karma, die wet van karma nie. Hoekom is daar so baie verskillende persoonlikhede?