AF/Prabhupada 0204 - Ek Ontvang Die Genade Van My Leermeester - Dit Is Vani



Morning Walk -- July 21, 1975, San Francisco

Prabhupāda: Jy moet met beide assosieer. Guru-kṛṣṇa-kṛpāya pāya bhakti-latā-bīja (CC Madhya 19.151). beide guru kṛpā en Kṛṣṇa kṛpā, beide moet ingesluit word. Dan sal jy dit kry.

Jayādvaita: Ons is baie gretig om guru-kṛpā te kry.

Prabhupāda: Wie?

Jayādvaita: Ons is, ons almal.

Prabhupāda: Ja. Yasya prasādād bhagavat-prasādaḥ. As jy guru kṛpā kry, dan kry jy outomaties vir Kṛṣṇa.

Nārāyaṇa: Kom Guru-kṛpā slegs deur die geestelike meester te behaag, Śrīla Prabhupada?

Prabhupāda: Hoe anders?

Nārāyaṇa: Askies?

Prabhupāda: Hoe anders kan dit kom?

Nārāyaṇa: So daardie dissipels wat nie die geleentheid kry om u te sien of mee te praat nie ...

Prabhupāda: Dit wat hy gespreek het, vāṇī and vapuḥ. Selfs al is hy nie fisies sigbaar nie, vat jy sy woord, vāṇī.

Nārāyaṇa: Maar hoe weet hulle of hulle hom behaag, Śrīla Prabhupāda?

Prabhupāda: As jy werklik die woorde van die guru volg, beteken dat hy in sy skik is. En as jy dit nie volg nie, hoe kan hy dan behaag wees?

Sudāmā: Nie net dit nie, maar u genade is oral, en as ons gebruik maak daarvan, het u een keer gesê, dan sal ons die resultaat voel.

Prabhupāda: Ja.

Jayādvaita: En as ons geloof het in wat die guru sê, dan sal ons dit outomaties doen.

Prabhupāda: Ja. My Guru Mahārāja is in 1936 oorlede, en ek het hierdie beweging in 1965, dertig jaar later gestig. So? Ek kry die genade van die guru. Dit is vāṇī. Selfs al is die guru nie fisies teenwoordig nie, as jy die vāṇī volg, dan sal jy hulp kry.

Sudāmā: Daar is dus geen sprake van skeiding nie, nie solank die dissipel die instruksie van guru volg nie.

Prabhupāda: Nee. Cakhu-dān dilo jei ... Wat is die volgende een?

Sudāmā: Cakhu-dān dilo jei, janme janme prabhu sei.

Prabhupāda: Janme janme prabhu sei. So waar is daar skeiding? Wie het jou oë oopgemaak het, hy is geboorte na geboorte jou prabhu.

Paramahaṁsa: U voel nooit enige intense skeiding van u geestelike meester nie?

Prabhupāda: Dit is nie nodig dat jy die vraag stel nie.