AF/Prabhupada 1063 - Gee ons verligting van die aksies en reaksies van alle aktiwiteite



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Ook in die huidige lewe, geniet ons die aktiwiteite, die vrugte van ons aktiwiteite. Veronderstel ek is 'n sakeman en ek het met intelligensie baie hard gewerk en ek het 'n groot bedrag in die bank bymekaar gemaak. Dan word ek die een wat geniet. Net so, veronderstel ek begin my besigheid met 'n groot bedrag geld, maar ek versuim om die besigheid suksesvol te maak - verloor ek al die geld. Dan ervaar ek lyding. So, op soortgelyke wyse, op elke gebied van ons genotvolle lewe, geniet ons die resultaat van ons werk. Dit word karma genoem.

So word hierdie dinge, īśvara, Jiva, prakṛti, die Allerhoogste Here, die lewende entiteit, die materiële aard, die ewige tyd, en ons verskillende aktiwiteite, hierdie dinge, word in die Bhagavad-Gita verduidelik. Uit hierdie vyf, is die Here, die lewende entiteite, en die materiële aard en tyd, hierdie vier items is van ewige aard. Die manifestasie, manifestasie van prakṛti is wel tydelik van aard, maar dit is nie vals nie. Sommige filosowe beweer dat hierdie manifestasie van materiële aard vals is, maar volgens die filosofie van Bhagavad-Gita of volgens die filosofie van die Vaiṣṇavas, aanvaar hulle nie die manifestasie van die wêreld as vals. Hulle aanvaar dat die manifestasie werklik is, maar dat dit wel tydelik is. Dit is net soos wolke wat in die lug ontwikkel en die reënseisoen laat begin, en na die reënseisoen is daar in die veld baie nuwe groen plantegroei, ons kan dit sien. En sodra die reënseisoen eindig, is die wolkvorming tot niet. Oor die algemeen, sal al hierdie plantegroei geleidelik opdroog en die land weer onvrugbaar word. Net so, vind hierdie materiële manifestasie plaas in sekere tydintervalle. Ons sal dit kan verstaan, ons sal dit kan weet, uit die bladsye van die Bhagavad-Gita. Bhūtvā bhūtvā pralīyate (BG 8.19). Hierdie manifestasie is manjifiek op sekere tye, en verdwyn dan weer. Dit is die werk van die prakṛti. Maar dit werk ewigdurend; dus is prakṛti ewig. Dit is nie vals nie. Omdat die Here dit aanvaar het, mamma prakṛti, "My prakṛti." Apareyam itas tu viddhi me prakṛtiṁ parām (BG 7.5). Bhinnā prakṛti, bhinnā prakṛti, aparā prakṛti. Hierdie materiële natuur is 'n aparte energie van die Opperste Heer, en die lewende entiteite, hulle is ook energie van die Opperste Heer, maar hulle is nie apart nie. Hulle is ewig verwant. So is die Here, die lewende entiteit, die natuur, materiële aard, en die tyd, is hulle almal ewig. Maar die ander item, karma, is nie ewig nie. Die gevolge van karma of aktiwiteit mag wel baie oud wees. Ons ly of geniet as gevolg van ons aktiwiteite van die vroegste van tye af, maar ons kan steeds die resultaat van ons karma, of aktiwiteit verander. Dit sal afhang van ons perfekte kennis. Ons is ongetwyfeld besig met verskeie aktiwiteite maar ons weet nie tot watter soort aktiwiteite ons ons in kan begewe wat vir ons verligting van die aksies en reaksies van alle aktiwiteite bring nie. Dit word ook in die Bhagavad-Gita verduidelik.

Nou, die posisie van īśvara is die hoogste bewussyn. Die posisie van īśvara, of die Allerhoogste Here, is die hoogste bewussyn. En die jīvas, of die lewende entiteite, dele en parte van die Opperste Heer, het ook bewussyn. Die lewende entiteit is ook bewus. Die lewende entiteit word as prakṛti, energie, verduidelik en die materiële aard word ook as prakṛti verduidelik, maar tussen die twee, het een prakṛti, die jīvas, bewussyn. Die ander prakṛti het nie bewussyn nie. Dit is die verskil. Daarom word die Jiva prakṛti hoër geag, as beter beskou omdat die jīvas soortgelyke bewussyn as die Here het. Die Here het die hoogste bewussyn. 'n Mens moenie daarop aanspraak maak dat 'n Jiva, 'n lewende entiteit ook 'n superieure bewussyn het nie. Nee. 'n Lewende wese kan nie op enige stadium uiters bewus wees nie. Dit is 'n misleidende teorie. Dit is 'n misleidend teorie. Maar hy is bewus. Dit is so. Hy het egter nie die hoogste bewussyn nie.