AF/Prabhupada 1068 - Volgens die verskillende vorme van die Natuur is daar drie soorte aktiwiteite



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Vir die Here, wat pūrṇam of volkome- volmaak is, is daar geen kans dat Hy onderweorp word aan die wette van materiële aard nie. 'n Mens moet dus intelligent genoeg wees om te weet dat, buiten die Here, is daar niemand wat die eienaar van enigiets binne die heelal is nie.

ahaṁ sarvasya prabhavo mattaḥ sarvaṁ pravartate: Dit word in die Bhagavad-Gita verduidelik iti matvā bhajante māṁ budhā bhāva-samanvitāḥ (BG 10.8).

Die Here is die oorspronklike skepper. Hy is die skepper van Brahma, Hy is die skepper ... Dit word ook verduidelik. Hy is die skepper van Brahma. In die 11de hoofstuk word die Here aangespreek as prapitāmaha (BG 11.39) omdat Brahma aangespreek word as pitāmaha, die oupa, maar Hy is ook die skepper van die oupa. So, niemand moet beweer dat hy die eienaar van iets is nie, maar hy moet dinge wat opsy gesit is deur die Here as sy kwota ten opsigte van sy onderhoud, so aanvaar. Nou, daar is baie voorbeelde van hoe ons die toekenning van die Here moet aanwend. Dit word ook in die Bhagavad-Gita verduidelik. Arjuna, het an die begin besluit dat hy nie gaan veg nie. Dit was te danke aan sy eie nadenke. Arjuna het aan die Here gesê dat dit nie moontlik was om die koningskap na die moord op sy eie stamgenote te geniet. En hierdie siening was te danke aan sy opvatting oor die liggaam. omdat hy sy liggaam as homself beskou het, en sy liggaamlike familie, sy broers, sy neefs, sy skoonpa en sy oupa, was net die uitbreiding van sy liggaam, en dit was sy siening in 'n poging om sy liggaamlike behoeftes te bevredig. En die hele ding is deur die Here verkondig net met die doel om sy siening te verander. En hy het ingestem om onder die leiding van die Here te werk. En hy het gesê: kariṣye vacanaṁ tava (BG 18.73).

Daarom is die mens in hierdie wêreld nie bedoel vir rusie soos die katte en honde nie. Hulle moet intelligent genoeg wees om die belangrikheid van die menslike lewe te realiseer en weier om op te tree soos gewone diere. Hy moet ... 'n Mens moet die doel van die menslike lewe besef. Hierdie rigting word in al die Vediese literatuur aangedui, en die essensie word in die Bhagavad-Gita gegee. Vediese literatuur is bedoel vir die mens en nie vir die katte en honde nie. Die katte en honde kan hul prooi doodmaak, en vir dit is daar geen sprake van pleeg van sonde nie. Maar as 'n man 'n dier doodslaan vir die bevrediging van sy onbeheerde smaaksintuig, moet hy verantwoordelik aanvaar vir die oortreding van die wette van die natuur. En in die Bhagavad-Gita word dit baie duidelik verduidelik dat daar drie soorte aktiwiteite volgens die verskillende hoedanighede van die natuur is: die aktiwiteite in goedheid, die aktiwiteite in passie, die aktiwiteite in onkunde. Net so is daar ook drie soorte eetgoed: eetgoed in goedheid, eetgoed in passie, eetgoed in onkunde. Dit word alles duidelik beskryf, en as ons die instruksies van die Bhagavad-Gita behoorlik toepas, sal ons hele lewe gesuiwer word en uiteindelik sal ons in staat wees om ons bestemming te bereik. Yad gatvā na nivartante tad dhāma paramaṁ mama (BG 15.6).

Die inligting word in die Bhagavad-Gita gegee, dat daar buiten hierdie materiële lugruim, ook 'n 'n ander geestelike lugruim bestaan; wat genoem word die sanātana lugruim. In hierdie lugruim, hierdie bedekte lugruim, vind ons dat alles tydelik is. Dit word gevestig word, dit bly vir 'n geruime tyd, gee ons 'n paar newe-produkte, en dan word dit minder, en verdwyn uiteindelik. Dit is die wet van die materiële wêreld. Jy neem hierdie liggaam, 'n vrug of enigiets wat hier geskep is, dit gaan tot niet aan die einde. So bo en behalwe hierdie tydelike wêreld is daar 'n ander wêreld waarvoor daar inligting beskikbaar is, dat paras tasmāt tu bhāvaḥ anyaḥ (BG 8.20). Daar is nog 'n natuur wat ewig is, sanātana, wat ewig is. En die jīva, jīva word ook beskryf as sanātana. Mamaivāṁśo Jiva-bhūtaḥ Jiva-Loke sanātanaḥ (BG 15.7). Sanātana, sanātana beteken die ewige. En in die 11de hoofstuk word die Here ook beskryf as sanātana. So, omdat ons 'n intieme verhouding met die Here het, en ons almal kwalitatief een is... Die sanātana-dhama, en die sanātana Allerhoogste Persoonlikheid, en die sanātana lewende entiteite, is kwalitatief almal op dieselfde vlak. Daarom is die hele oogmerk van die Bhagavad-Gita om ons sanātana aard te laat herleef sanātana, sanātana-dharma word dit genoem, of die ewige aard van die lewende entiteit. Ons is nou tydelik betrokke by al die verskillende aktiwiteite en al hierdie aktiwiteite moet gesuiwer word. Wanneer ons al hierdie tydelike aktiwiteite opgee, sarva-dharmān parityajya (BG 18.66), en wanneer ons die aktiwiteite na gelang van die Opperste Heer aanneem, word dit as 'n gesuiwerde lewe beskou.