AF/Prabhupada 1072 - Verlaat hierdie materiële wêreld en verkry die ewige lewe in die ewige koninkryk



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Die Here se teenwoordigheid, deur Sy onvoorwaardelike genade , word aangebied in Sy Śyāmasundara-Rupa vorm. Ongelukkig, spot mense met minder intelligensie met Hom. Avajānanti Mam mūḍhā (BG 9.11). Omdat die Here as een van ons kom en met ons speel so asof Hy 'n mens is, moet ons daarom nie dink dat die Here een van ons is nie. Dit is in Sy almagtigheid dat Hy Homself kan aanbied in Sy ware vorm. en sy tydverdrywe vertoon wat nes die prototipe van sy ware woning is. Net soos in hierdie woning van God, is daar ook ontelbare planete in die brahma-jyotir. Net soos ons ontelbare planete het wat sweef in die son se strale, Net so, in die brahma-jyotir, wat voortspruit uit die woning van die opperste heer, Kṛṣṇaloka, Goloka, Ananda-cinmaya-rasa-pratibhāvitābhis (BS 5.37), al die planete is geestelike planete. Hulle is Ananda-cinmaya; hulle is nie materiële planete nie. So sê die Here,

na tad bhāsayate sūryo
na śaśāṅko na pāvakaḥ
yad gatvā na nivartante
tad dhāma paramaṁ mama
(BG 15.6)

So enigiemand wat die geestelike hemelruim nader sal nie van verwag word om weer terug te kom na hierdie materiële ruimte toe nie.. Dit is so lank as wat ons ​​is in die materiële ruimte is, so wat nog te sê daarvan om die maan planeet te nader.... Die maan planeet, natuurlik, is die naaste planeet, maar selfs op die hoogste planeet, wat Brahmaloka genoem word, kry ons dieselfde ellendes van die materiële lewe, Ek bedoel die ellendes van geboorte, dood, ouderdom en siektes. Geen planete in die materiële heelal is vry van hierdie vier beginsels van materiële bestaan nie. Die Here sê dus in die Bhagavad-Gita, ābrahma-bhuvanāl lokāḥ punar āvartino 'rjuna (BG 8.16). Die lewende entiteite reis van een planeet na die ander. Dit is nie dat ons net na die ander planete kan gaan deur die meganiese uitvindsels soos die Sputnik nie. Vir enigeen wat na 'n ander planeet wil gaan, betaan daar 'n proses voor. Yanti deva-Vrata Devan pitṟn Yanti pitṛ-vratāḥ (BG 9.25). As iemand na 'n ander planeet wil gaan, sê, die maanplaneet, hoef ons nie te probeer om met behulp van die Sputnik te gaan nie. Die Bhagavad-Gita gee ons die instruksies, Yanti deva-Vrata Devan. Hierdie maan planete of son planete of die planete bo hierdie Bhūloka, word Svargaloka genoem. Svargaloka. Bhūloka, Bhuvarloka, Svargaloka. Elke planeet het sy eie status. So Devaloka, is bekend, net soos dit is. Die Bhagavad-Gita gee 'n baie eenvoudige formule waarmee jy na die hoër planete, Devaloka kan gaan. Yanti deva-Vrata Devan. Yanti deva-Vrata Devan. Deva-Vrata, ons moet die proses van aanbidding van die spesifieke halfgod beoefen, dan kan ons na daardie spesifieke planeet toe gaan. Ons kan selfs na die son planeet gaan, ons kan na die maan planeet gaan, ons kan na die hemelse planeet gaan, maar die Bhagavad-Gita raai ons nie aan om na enige een van hierdie planete in die materiële wêreld te gaan nie, want selfs al gaan ons na die Brahmaloka, die hoogste planeet, wat bereken word deur die moderne wetenskaplikes as die verste planeet wat deur die spoetniks bereik kan word na 40,000 jaar. Nou dit is nie moontlik om 40,000 jaar te leef en die hoogste planeet van hierdie materiële heelal te bereik nie. Maar as 'n mens sy lewe wy in die aanbidding van die betrokke halfgod, kan hy die betrokke planeet nader, soos dit in die Bhagavad-Gita gese word: Yanti deva-Vrata Devan pitṟn Yanti pitṛ-vratāḥ (BG 9.25). Net so, is Pitṛloka ook daar. Die een wat daarvan hou om die hoogste planeet, die hoogste planeet te nader ... Die hoogste planeet beteken Kṛṣṇaloka. In die geestelike hemel is daar ontelbare planete, sanātana planete, ewige planete, wat nooit vernietig, of verwoes word nie. Maar van al die geestelike planete is daar een planeet, die oorspronklike planeet, wat Goloka Vṛndāvana genoem word. So al hierdie inligting is in die Bhagavad-Gita en ons word die geleentheid gebied om hierdie materiële wêreld te verlaat en die ewige lewe in die ewige koninkryk te verkry.