AF/Prabhupada 1077 - Omdat God absoluut is, is daar geen verskil tussen sy Naam en Homself nie



660219-20 - Lecture BG Introduction - New York

Śrīmad-Bhagavatam word genoem bhāṣyo 'yaṁ brahma-sūtrāṇām. Dit is die natuurlike kommentaar van die Vedanta-sutra. So, al hierdie literatuur, as ons ons denke verskuif, is tad-bhāva-bhāvitaḥ, sadā. Sadā tad-bhāva-bhāvitaḥ (BG 8.6). Iemand wat altyd besig is... Net soos die materialis altyd besig is om materiële literatuur te lees, soos koerante, tydskrifte, fiksie, roman, ens, en so baie wetenskaplike filosofieë, almal wat 'n verskillende vlak van denke verg Net so, soos ons transformeer, sal die kapasiteit om die Vediese literatuur te lees, soos aangebied deur, soos baie vriendelik aangebied deur Vyāsadeva, dit vir ons moontlik maak om ten tye van die dood die Allerhoogste te onthou. Dit is die enigste manier wat deur die Here self voorgestel word. Nie voorgestel nie, maar wel feitelik gegee word. Nare atra saṁśayaḥ (BG 8.5). Ongetwyfeld. Daar is geen twyfel oor dit nie. Tasmāt, die Here het stel dus voor tasmāt sarveṣu kāleṣu mām anusmara yudhya ca (BG 8.7). Hy raai Arjuna aan dat mām anusmara yudhya ca. Hy sê nie dat "Gaan eenvoudig voort om My te onthou en gee jou huidige beroep prys nie." Nee. Dit is nie wat voorgestel word nie. Die Here stel nooit iets onprakties voor nie. In hierdie materiële wêreld, om hierdie liggaam in stand te hou, moet elkeen werk. Die werk word in vier afdelings van die sosiale orde verdeel: brāhmaṇa, kṣatriya, vaiśya, śūdra. Die intelligente klas van die samelewing hou hulself op hul eie manier besig, en die administratiewe klas van die samelewing, werk ook op 'n ander manier. Die besigheidsklas van die samelewing, die produktiewe samelewing, is ook op 'n ander manier besig, en die arbeider klas, hulle is ook besig op hul eie manier. In die menslike samelewing, is elkeen óf arbeider of besigheidsman, of politikus en administrateur, of, as die hoogste klas van intelligente mense, iemand wat 'n literêre loopbaan volg of wetenskaplike navorsing doen. almal is betrokke in een of ander 'n werk; elke mens moet werk, moet maar sukkel om 'n bestaan te maak. So, die Here beveel aan dat "Jy nie jou beroep opgee nie, maar terselfde tyd moet jy onthou. "Mam anusmara (BG 8.7). "Dit sal maak dat jy, sal jou help om My te onthou ten tye van die dood." As jy nie oefen om My altyd te onthou nie, saam met jou stryd om 'n bestaan te maak nie, dan sal dit nie moontlik wees om te onthou nie. "Dis nie moontlik nie. Dieselfde raad word gegee deur Heer Caitanya, kīrtanīyaḥ sadā hariḥ (CC Adi 17.31). 'n Mens moet oefen om altyd die Here se naam te sing (chant) Die naam van God en God self is nie verskillend nie. So, die opdrag van Heer Krsna aan Arjuna mām anusmara (BG 8.7), "Onthou jy my net," en die Heer Caitanya se opdrag "Sing jy net altyd die naam van Krsna." Hier sê Krsna "Jy moet My altyd onthou", of onthou jy net vir Krsna, en die Heer Caitanya sê, "Jy moet altyd die naam van Krsna sing (chant)." So, daar is geen verskil nie omdat Krsna en Krsna se naam presies dieselfde in die Absolute terme is. In die absolute staat is daar geen verskil tussen die een ding of 'n ander nie. Dit is die absolute staat So omdat die Here absoluut is, daar is geen verskil tussen Sy naam en Homself nie. So ons moet op hierdie manier oefen . tasmāt sarveṣu kāleṣu (BG 8.7). Ons moet altyd, vier en twintig uur van die dag, ons aktiwiteite van die lewe so vorm op so 'n manier dat ons die Here vier en twintig uur kan onthou. Is dit moontlik? Ja, dit is moontlik. Dit is moontlik. 'n Baie growwe voorbeeld word gestel deur die ācāryas in hierdie verband. En wat is die voorbeeld? Daar word gesê dat 'n vrou wat aangetrokke is tot 'n ander man, alhoewel sy reeds 'n man het, is sy steeds aangetrokke tot 'n ander man. En hierdie soort van aangetrokkenheid raak baie sterk. Dit is die sogenaamde parakīya-rasa. Of dit in die geval van 'n man of van 'n vrou is. As 'n man aangetrokke is tot 'n ander vrou behalwe sy eie of as 'n vrou aangetrokke is tot 'n ander man behalwe haar eie man, dan is daardie aangetrokkenheid baie sterk. Die gehegtheid is baie sterk. So gee die ācāryas hierdie as voorbeeld van 'n swak karakter van 'n vrou wat aangetrokke is tot 'n ander se man, so dink sy altyd daaraan, maar terselfde tyd, wys sy vir haar man dat sy baie besig is met die familiesake sodat haar man nie haar karakter in twyfel moet trek nie.. So, soos sy altyd die afspraak met haar minnaar in die middel van die nag onthou, ten spyte daarvan dat sy alle huishoudelike take baie goed verrig, Net so kan 'n mens die Allerhoogste, Sri Krsna onthou, altyd, ten spyte daarvan dat sy materiële verpligtinge baie mooi nagekom word. Dit is dus moontlik. Dit vereis 'n sterk, 'n sterk gevoel van liefde.