AF/Prabhupada 0001 - Brei uit na Tien Miljoen



Lecture on CC Adi-lila 1.13 -- Mayapur, April 6, 1975

Prabhupada: Caitanya Mahāprabhu sê aan al die ācāryas (groot leermeesters) ... Nityānanda Prabhu, Advaita Prabhu en Śrīvāsādi-gaura-bhakta-vṛnda, hulle is almal draers van Sri Caitanya Mahaprabhu se instruksies. So probeer om die pad van die ācāryas te volg. Dan sal jou lewe suksesvol wees. En om 'n ācārya te word is nie baie moeilik nie. Eerstens moet jy 'n baie getroue dienaar van jou ācārya word, deur streng te volg wat hy sê. Probeer om hom tevrede te stel en om Krishna bewussyn te versprei. Dit is al. Dit is glad nie moeilik nie. Probeer om die instruksies van jou Guru Maharaja te volg en om Krishna bewussyn te versprei. Dit is die opdrag van:

āmāra ajñāya guru hañā tāra' ei deśa
yāre dekha tāre kaha 'kṛṣṇa'-upadeśa
(CC Madhya 7.128)

"Deur my instruksies te volg word jy 'n guru." En deur streng volgens die ācārya stelsel op te tree en ons beste te gee om die instruksies van Krsna te versprei. Yāre dekha tāre kaha 'kṛṣṇa'-upadeśa (CC Madhya 7.128). Daar is twee soorte Krishna-upadeśa. Upadeśa beteken onderrig. Opdragte gegee deur Krsna, is een tipe 'kṛṣṇa'-upadeśa, en onderrig ontvang oor Krsna, is ook 'kṛṣṇa'-upadeśa. Kṛṣṇasya upadeśa iti kṛṣṇa upadeśa. Samāsa, śāsti-tat-puruṣa-samāsa. En Krsna "viṣayā upadeśa", dit is ook Krsna upadeśa. Bahu-vrīhi-samāsa. Dit is hoe die Sanskrit taal ontleed word. So Krishna se upadeśa is die Bhagavad-gītā. Hy gee direkte instruksies. So iemand wat Krsna-upadeśa versprei en eenvoudig herhaal wat Krishna gesê het, word 'n ācārya. Dit is glad nie moeilik nie. Alles word daarin verduidelik. Ons moet net herhaal soos 'n papegaai. Nie heeltemal soos 'n papegaai nie. 'n Papegaai verstaan nie die betekenis nie. Hy vibreer net. Maar jy moet die betekenis ook verstaan ​ andersins, hoe kan jy dit verduidelik? So ons wil Krishna bewussyn versprei. Berei jouself eenvoudig voor om Krishna se instruksies ordentelik te herhaal, sonder enige misinterpretasie. Dan, in die toekoms ... Sê nou maar jy het nou tien duisend. Ons sal dan uitbrei na honderd duisend. Dit word vereis. Dan honderd duisend na 'n miljoen, en miljoen tot tien miljoen.

Aanhangers: Haribol! Jaya!

Prabhupada: So daar sal geen tekort aan ācāryas wees nie. en die mense sal Krishna bewussyn baie maklik verstaan. So organiseer dinge so. So moenie opgepof (selfvoldaan) raak nie. Volg die ācārya se instruksies en probeer om jouself te vervolmaak, om te groei tot volwassenheid. Dan sal dit baie maklik wees om Maya te veg. Ja. Ācāryas, hulle het oorlog verklaar teen Maya se aktiwiteite.