AF/Prabhupada 0016 - Ek Wil Werk



Lecture on BG 7.1 -- San Francisco, March 17, 1968

So 'n mens moet weet hoe om Krsna te verbind. Krsna is oral. Dit is die Krsna bewustheid beweging. Dit is Krsna bewustheid. 'n Mens moet weet hoe ons eienskappe kan aflei uit hierdie vorms van Krsna of dit hout of yster of metaal is... Dit maak nie saak. Krsna is oral. Jy moet leer hoe om Krsna met alles te verbind. Dit sal verduidelik word in hierdie joga-stelsel. Dit sal vir jou geleer word. So hierdie Krsna bewustheid is ook 'n vorm van joga, die perfekte joga, die hoogste van alle joga-stelsels. Enigiemand, enige yogi kan kom, en ons sal hom uitdaag en ons kan sê dat hierdie 'n A-1 joga stelsel is. Dit is A-1, en dit is in dieselfde asem ook baie eenvoudig. Jy hoef nie jou liggaam te oefen nie. Veronderstel jy is swak of jy voel soms 'n moegheid, maar in Krsna bewustheid sal jy nie so voel nie. Al ons studente, hulle is net gretig om oorlaai te word met werk, in Krsna bewustheid. "Swamiji, wat moet ek doen? Wat kan ek doen?" Hulle is eintlik almal besig. Gaaf. Baie gaaf. Hulle voel nie moeg nie. Dit is Krsna bewustheid. In die materiële wêreld, as jy vir 'n geruime tyd werk, sal jy moeg voel. Jy sal rus nodig hê. Natuurlik, ek is nie, ek bedoel om te sê, besig om myself te ooreis nie. Ek is 'n ou man van twee en sewentig jaar. O, toe ek siek was het ek terug gegaan na Indië. Ek het egter weer gekom. Ek wil werk! Ek wil werk. Natuurlik kon ek afgetree het uit al hierdie aktiwiteite, maar ek voel nie ... So ver kan ek nog dinge doen, ek wil werk. Ek wil ..., dag en nag. In die nag werk ek met die diktafoon. So ek is jammer ... Ek is jammer as ek nie kan werk nie. Dit is Krsna bewustheid. 'n Mens moet baie gretig wees om te werk. Dit is nie dat ons 'n ledige beweging het nie. Nee. Ons het voldoende betrokkenheid. Hulle is besig om koerante te redigeer, hulle verkoop ook koerante. Vind doodeenvoudig uit hoe Krsna bewustheid versprei kan word, eenvoudig. Dit is prakties.