AF/Prabhupada 0021 - Hoekom Is Daar Soveel Egskeidings In Hierdie Land



Lecture on SB 6.1.26 -- Honolulu, May 26, 1976

So, hierdie is die algemene manier van lewe. Almal is by allerlei materiële aktiwiteite betrokke, en die basiese beginsel van materiële aktiwiteite is gṛhastha, gesinslewe. Gesinslewe, volgens die Vediese stelsel, of in enige plek, is die verantwoordelikheid om 'n vrou en kinders te onderhou. Almal is daarby betrokke. Hulle dink dit is al plig wat daar is. "Om die gesin te onderhou, dit is my plig. Om alles so gemaklik as moontlik te maak. Dit is my plig. " Die mens dink nie eers daaraan dat hierdie tipe plig selfs deur diere verrig word nie Hulle het ook kinders, en voed hulle ook. So wat is die verskil? Daarom word die woord mūḍha hier gebruik. Mūḍha beteken donkie. Iemand wat by sodanige pligte betrokke is, bhuñjānaḥ prapiban khādan. Prapiban. Prapiban beteken om te drink, en bhuñjānaḥ beteken om te eet. Tydens etery, tydens drinkery, khādan, tydens kouery, carva casya raja preya (?). Daar is vier soorte eetbare dinge. Soms moet ons kou, soms moet ons lek, (Sanskrit) soms moet ons sluk, en soms moet ons drink. So is daar vier kossoorte. Daarom sing ons catuḥ vidhā Sri-bhagavat-prasādāt. Catuḥ vidhā beteken vier soorte. Ons offer aan die Gode baie voedselsoorte wat binne hierdie vier kategorieë val. Iets word gekou, iets word gelek, iets word ingesluk. Op dié manier.

So bhuñjānaḥ prapiban khādan bālakaṁ Sneha-yantritaḥ. Die vader en moeder sorg vir die kinders, deur vir hulle kos te gee. Ons het gesien dat Moeder Yaśodā vir Krsna kos gee. Dieselfde ding. Daar is 'n verskil. Ons gee gewone kinders kos, net soos die katte en honde ook doen maar Moeder Yaśodā gee vir Krsna kos. Dit is dieselfde proses. Daar is geen verskil in die proses nie, maar die een is Krsna gesentreerd en ander is wispelturig. Dit is die verskil. Wanneer dit Krsna-gesentreerd is, dan is dit geestelik, en wanneer dit wispelturig geskied, dan is dit materieël. Daar is geen verskil tussen materiële ... Hier is die verskil. Daar is ... Net soos met wellustige begeertes en liefde, suiwer liefde. Wat is die verskil tussen wellustige begeertes en suiwer liefde? Hier verkeer ons met mekaar, man en vrou, verkeer ons met wellustige begeertes, en Krsna verkeer ook saam met die gopis. Oppervlakkig lyk dit na dieselfde ding. Maar wat is die verskil? Hierdie verskil word verduidelik deur die skrywer van Caitanya-caritāmṛta, dit wat die verskil is tussen wellustige begeertes en liefde? Dit word so verduidelik. Hy het gesê, ātmendriya-prīti-vāñchā-tarė bali 'Kama (CC Adi 4.165), "Wanneer ek my eie sintuie wil bevredig, dan is dit kāma." Maar kṛṣṇendriya-prīti-icchā dhare 'prema' Nama, "En wanneer ons die sintuie van Krsna wil bevredig, dan is dit liefde, prema." Dit is die verskil. Hier in hierdie materiële wêreld is daar geen liefde nie omdat die man en vrou geen idee het dat "Ek verkeer eintlik met die man, die man wat my begeertes moet bevredig nie. " No. "Ek sal my begeertes bevredig." Dit is die basiese beginsel. Die man dink dat " as ek met hierdie vrou verkeer, sal ek my begeerte bevredig," en 'n vrou dink dat "Deur met hierdie man te verkeer, sal ek my begeertes bevredig." Daarom is dit baie prominent in die Westerse lande, sodra daar probleme ontstaan waar persoonlike begeertes nie bevrediging word nie, is daar onmiddellik 'n egskeiding. Dit is die sielkunde agter alles, waarom daar so baie egskeidings in hierdie land is. Die oorsaak is dat "Sodra ek nie bevrediging vind nie, dan wil ek nie aangaan nie." Dit word in die Śrīmad-bhagavatam gesê: dam-patyaṁ ratim eva hi. In hierdie era, beteken man en vrou persoonlike seksbevredeging. Daar is geen sprake van "Ons sal saam teef nie; ons sal Krsna probeer tevrede stel deur opgelei te word in hoe om Krsna te bevredig. " Dit is die Krsna-bewustheid beweging.