AF/Prabhupada 0034 - Almal Ontvang Kennis vanaf Die Hoër Gesag



Lecture on BG 7.1 -- Durban, October 9, 1975

Hoofstuk Sewe, "Kennis van die Absolute." Daar bestaan twee dinge, die absolute en die relatiewe. Hierdie is 'n relatiewe wêreld. Hier kan ons nie een ding sonder die ander verstaan nie. Sodra ons praat van "Hier is die seun," dan moet daar 'n vader wees. Sodra ons sê: "Hier is die man," dan moet daar 'n vrou wees. Sodra ons sê: "Hier is 'n slaaf," dan moet daar 'n baas wees. Sodra ons sê: "Hier is die lig," dan moet daar duisternis wees. Dit is die sogenaamde relatiewe wêreld. 'n Mens moet verstaan word deur ander relatiewe terme. Maar daar is ook 'n ander wêreld, wat genoem word die absolute wêreld. Daar is die meester en die dienskneg dieselfde. Daar is geen onderskeid nie. Alhoewel iemand die meester is en 'n ander die dienskneg, die posisie is dieselfde.

So gee die sewende hoofstuk van Bhagavad-Gita vir ons 'n paar aanduidings oor die absolute wêreld, absolute kennis. Hoe om toegang tot daardie kennis te kry, word deur die Absolute, die Hoogste Persoon, Krsna self vertel. Kṛṣṇa is die Absolute Allerhoogste Persoon.

īśvaraḥ paramaḥ kṛṣṇaḥ
sac-cid-ānanda-vigrahaḥ
anādir ādir govindaḥ
sarva-kāraṇa-kāraṇam
(Bs. 5.1)

Dit is die definisie van Krsna volgens die Heer Brahma in sy bekende boek, die Brahma-Samhita, 'n baie gesaghebbende boek. Hierdie boek was saamgestel in die suide van Indië deur Śrī Caitanya Mahāprabhu, en Hy het dit aan sy aanhangers voorgehou toe hy terug gekom het van die Suid- Indië toer. Daarom aanvaar ons hierdie boek, Brahma-saṁhitā, as baie gesaghebbend. Dit is ons proses van kennis inwin. Ons ontvang kennis van 'n outoriteit . Almal ontvang kennis vanaf die outoriteit, maar outoriteit in die algemene sin, maar ons proses van aanvaarding van gesag is 'n bietjie anders. Ons proses van aanvaarding van een gesag beteken dat ons ook die vorige gesag moet aanvaar. 'n Mens kan nie self gesag skep nie. Dit is nie moontlik nie. Dan is dit onvolmaak. Ek het hierdie voorbeeld al baie keer gegee, 'n kind leer van sy vader. Die kind vra vir die pa, "Vader, watter masjien is die?" en die vader sê: "My liewe kind, dit word 'n mikrofoon genoem." So ontvang die kind die kennis van die vader, "Dit is 'n mikrofoon." So wanneer die kind aan iemand anders sê, "Dit is 'n mikrofoon," dan is dit korrek. Alhoewel hy steeds 'n kind is, is sy stelling korrek, want hy het sy kennis van iemand met gesag ontvang. Net so, as ons kennis van iemand met gesag ontvang, dan kan ek 'n kind wees, maar my stellings sal korrek wees. Dit is ons proses van kennis. Ons vervaardig nie kennis nie. Dit is die proses wat in die Bhagavad-Gita in die Vierde hoofstuk, gegee word evaṁ paramparā-prāptam Imam rājarṣayo viduḥ (BG 4.2). Hierdie paramparā stelsel ...

imaṁ vivasvate yogaṁ
proktavān aham avyayam
vivasvān manave prāha
manur ikṣvākave 'bravīt
(BG 4.1)

Evaṁ paramparā. So absolute kennis kan verkry word wanneer ons dit van die Absolute hoor. Geen persoon in die relatiewe wêreld kan ons inlig oor absolute kennis nie. Dit is nie moontlik nie. So hier kry ons insig oor die absolute wêreld, absolute kennis van die Allerhoogste Persoon, die Absolute Persoon. Absolute Persoon beteken añadir ādir govindaḥ (Bs. 5.1). Hy is die oorspronklike persoon, maar Hy het geen oorsprong nie; dus is Hy absoluut. Niemand behoort te dink dat Hy deur iemand anders geskep is nie. Dit is God. So hier in hierdie hoofstuk word dus gesê, śrī bhagavān uvāca, Absolute Persoon ... Bhagavān beteken die Absolute Persoon wat nie afhanklik van iemand anders is nie.