AF/Prabhupada 0043 - Die Basiese Beginsel Is Die Bhagavad-Gita



Lecture on BG 7.1 -- Sydney, February 16, 1973

Prabhupāda:

(mayy āsakta-manaḥ pārtha)
yogaṁ yuñjan mad-āśrayaḥ
asaṁśayaṁ samagraṁ māṁ
yathā jñāsyasi tac chṛṇu
(BG 7.1)

Dit is 'n vers uit die Bhagavad-gītā, oor hoe om Krsna-bewussyn, of God-bewussyn te ontwikkel. Die Bhagavad-Gita, die meeste van julle het al die naam van hierdie boek gehoor. Oor die hele wêreld is dit 'n baie wyd gelese boek van kennis . Daar is feitlik in elke land baie uitgawes van die Bhagavad-Gītā. So, die Bhagavad-Gita is die basiese beginsel van ons Krsna -bewustheid beweging. Wat ons as Krsna bewustheid versprei, is slegs die Bhagavad-Gītā. Dit is nie dat ons enige iets vervaardig nie. Die Krsna-bewustheid bestaan reeds sedert die skepping, en, vir ten minste die afgelope vyf duisend jaar, toe Krsna op hierdie planeet teenwoordig was het Hy persoonlik Krsna-bewustheid onderrig, en het Hy al die instruksies agter gelaat, en dit is die Bhagavad-Gita. Ongelukkig is hierdie Bhagavad-Gita op so baie maniere deur die sogenaamde geleerdes en swamis misbruik. Die onpersoonlikheidsklas, of die ateïstiese klas van mense, het die Bhagavad-Gita op hul eie manier geïnterpreteer. Toe ek in 1966 in Amerika was, het 'n Amerikaanse vrou my gevra om 'n Engelse uitgawe van Bhagavad-Gita aan te beveel sodat sy dit kon lees. Maar ek kon geeneen van hulle eerlik aanbeveel nie, op grond van hul wispelturige verduideliking. Dit het my die stukrag gegee om die Bhagavad-Gita soos dit is te skryf. En die huidige uitgawe, Bhagavad-Gita soos dit is, word nou gepubliseer deur die Macmillan Maatskappy, die grootste uitgewer in die wêreld. En ons doen baie goed. Ons het hierdie Bhagavad-Gita soos dit is in 1968, in 'n klein uitgawe gepubliseer. Dit het verkoop soos enigiets. Die bedryfsbestuurder van Macmillan Company het berig dat ons boeke se verkope meer en meer word terwyl ander sin verminder. Ons het onlangs, in 1972, hierdie Bhagavad-Gita soos dit is, in 'n volledige uitgawe gepubliseer. En die Macmillan Maatskappy het by voorbaat vyftig duisend kopieë gedruk, maar dit was egter binne drie maande uitverkoop en hulle moes reël vir die tweede uitgawe.