AF/Prabhupada 0045 - Die Onderwerp van Kennis word Jneyam genoem



Lecture on BG 13.1-2 -- Paris, August 10, 1973

Prabhupāda:

prakṛtiṁ puruṣaṁ caiva
kṣetraṁ kṣetra-jñam eva ca
etad veditum icchāmi
jñānaṁ jñeyaṁ ca keśava
(BG 13.1-2)

Vir die menslike wese is dit 'n spesiale voorreg dat hy die aard van hierdie kosmiese manifestasie, en die Een wat die natuur geniet, kan verstaan en dat hy ten volle vertroud kan wees met wat die voorwerp van kennis, jñeyam, is. Daar is drie dinge, jñeyam, jñāta, and jñāna. Die voorwerp van kennis, die Alwetende, word genoem jñāta, en die voorwerp van kennis word jñeyam genoem En die proses waardeur 'n mens kan verstaan ​, dit word Jnana, kennis genoem. Sodra ons van kennis praat , moet daar drie dinge wees: die voorwerp van kennis, die persoon wat probeer om kennis te versamel en die proses waardeur die voorwerp van kennis bereik word. So 'n paar van hulle ... net soos die materiëlistiese wetenskaplikes, probeer hulle net om die prakṛti te leer ken. Maar hulle ken nie die puruṣa nie. Prakṛti beteken dit wat geniet word, en puruṣa beteken die een wat geniet. Eintlik is Krsna die een wat geniet. Hy is die oorspronklike puruṣa. Dit word bevestig deur Arjuna: puruṣaṁ śāśvatam. "U is die oorspronklike een wat geniet, puruṣam." Krsna is die een wat geniet, en elkeen van ons, die lewende entiteite, en die prakṛti, die natuur, word deur Krsna geniet. Dit is Krsna ... Is die entiteite ook puruṣa? Ons is nie puruṣa nie. Ons is ook prakṛti. Ons word ook geniet. Maar in hierdie materiële toestand, probeer ons ook puruṣa wees, die een wat geniet. Dit beteken dat wanneer die prakṛti of die lewende entiteite, ook puruṣa wil word, word dit die materiële toestand genoem. As 'n vrou probeer om 'n man te word, word dit as onnatuurlik beskou, Net soos wanneer die lewende entiteite, wat van nature daar is om geniet te word, ... Die voorbeeld wat ons al 'n paar keer gegee het, is dat die vingers heerlike kos kan bymekaarmaak maar eintlik is die vingers nie die genieter nie. Die vingers kan wel die werklike een wat geniet, naamlik die maag, help. Dit vat 'n paar heerlike voedselsoorte en sit dit in die mond, en wanneer dit na die maag, die werklike genieter, gaan word al die prakṛtis, al die dele van die liggaam, al die ledemate van die liggaam, tevrede gestel daardeur. So die een wat geniet is die maag, nie enige deel van die liggaam nie. Daar is 'n storie in Hitopaniṣad, Hitopadeśa, waaruit Aesop se fabel vertaal is. Daar, daar is 'n storie: udarendriyānām. Udara. Udara beteken hierdie maag, en indriya beteken die sintuie. Daar is 'n verhaal van udarendriyānām. Die sintuie, al die sintuie het mekaar ontmoet vir 'n vergadering. Hulle het gesê: "Ons werk hard, sintuie ..." (eenkant :) Hoekom is dit oop? "Ons is besig om te werk." Die been het gesê: "Ja, ek werk die hele dag, ek loop heeltyd." Die hand sê: "Ja, ek werk die hele dag, doen wat ook al die liggaam sê: "Kom hier en vat die kos wat gekook moet word en kook dit. " Dan se die oë, hulle sê weer: "Ek sien." Elke ledemaat van die hele liggaam besluit toe om te staak "Ons gaan nie meer net vir die maag werk wat al een is wat eet nie. Ons werk almal, en hierdie man of hierdie maag, is al een wat eet. " Daarom was daar 'n staking ... Net soos die kapitalis en die werker. Die werker besluit ook om te staak, geen meer werk nie. So het al hierdie ledemate, al die dele van die liggaam, aan 'n staking deelgeneem, en na twee, drie dae, het hulle mekaar weer ontmoet, hulle praat toe onder mekaar en vra: "Hoekom is ons besig om te verswak? Ons kan nie nou werk nie. " Die bene het ook gesê: "Ja, ek voel swak." Die hande voel ook swak, almal voel so. So, wat is die oorsaak? Die oorsaak ... Toe sê die maag: "Omdat ek nie eet nie. So as jy sterk wil bly, dan moet jy my laat eet. Andersins ... Ek is die een wat geniet. Jy is nie die een wat geniet nie. Jy moet aan my dinge verskaf vir my genot. Dit is jou posisie. " Toe verstaan hulle: "Ja, ons kan nie direk geniet nie, dit is nie moontlik nie.." Die genot moet deur die maag kom. Neem maar een ​​rasagullā, jy as vingers, jy kan nie geniet nie. Jy moet dit aan die mond gee, en wanneer dit na die maag gaan, is daar onmiddellik energie. Nie net die vingers geniet dan nie, die oë, al die ander dele, hulle voel ook die tevredeheid en die krag. Net so is die ware een wat geniet Krsna. Krsna sê:

bhoktāraṁ yajña-tapasāṁ
sarva-loka-maheśvaram
suhṛdaṁ sarva-bhūtānāṁ
jñātvā māṁ śāntim ṛcchati
(BG 5.29)