AF/Prabhupada 0047 - Krishna is Absoluut



Lecture on BG 7.1 -- Upsala University Stockholm, September 8, 1973

Daar is verskillende tipes joga stelsels, bhakti-yoga, jñāna-yoga, karma-yoga, haṭha-yoga, dhyāna-yoga. Daai is so baie jogas. Maar bhakti-joga is die allerbeste. Daar word in die laaste hoofstuk gesê. Ek lees voor uit die Sewende Hoofstuk. Aan die einde van die sesde hoofstuk, sê Krsna:

yoginām api sarveṣāṁ
mad-gatenāntar-ātmanā
śraddhāvān bhajate yo māṁ
sa me yuktatamo mataḥ
(BG 6.47)

Yoginām api sarveṣām. Iemand wat joga beoefen, hy word 'n yogi genoem. So Krsna sê, yoginām api sarveṣām: "Van al die yogis ..." Soos ek het reeds gesê. Daar is verskillende soorte yogis. "Van al die yogis ..." Yoginām api sarveṣām. Sarveṣām beteken "van alle yogis." Mad-gatenāntar-ātmanā: "Iemand wat innerlik aan My dink." Ons kan aan Krsna dink. Ons het Krsna se vorm. Die Krsna Godheid, wat ons aanbid. So, as ons deelneem aan die aanbidding van die Godheid, die vorm van Krsna, wat niks verskil van Krsna self nie, of, in die afwesigheid van die Godheid, as ons die heilige naam van Krsna, wat self ook Krsna is, sing. Abhinnatvān nāma-nāminoḥ (CC Madhya 17.133). Kṛṣṇa is absoluut. Daarom is daar geen verskil tussen Hom en Sy naam nie. Daar is geen verskil tussen Hom en Sy vorm nie. Daar is geen verskil tussen Hom en 'n prentjie van Hom nie. Daar is geen verskil tussen Hom en onderwerpe oor Hom nie. Alles van Krsna is Krsna. Dit word absolute kennis genoem. So of jy Krsna se naam sing en of jy Krsna se vorm aanbid - alles is Krsna. So is daar verskillende maniere van toegewyde diens.

śravaṇaṁ kīrtanaṁ viṣṇoḥ
smaraṇaṁ pāda-sevanam
arcanaṁ vandanaṁ dāsyaṁ
sakhyam ātma-nivedanam
(SB 7.5.23)

Jy hoor selfs net van Krsna. Dit is selfs ook Krsna. Net soos ons nou probeer om van Krsna te hoor. Wanneer ons hoor is dit ook Krsna. Hierdie jong manne en meisies, hulle sing. Die sang is ook Krsna. Śravaṇaṁ kīrtanam. Dan smaraṇam. Wanneer jy van Krsna sing, as jy die prentjie van Krsna onthou, dit is ook Krsna. Of as jy 'n foto van Krsna sien. Dit is ook Krsna. Jy sien die Godheid van Krsna. Dit is Krsna. Jy leer iets oor Krsna. Dit is ook Krsna. Dus in elk geval,

śravaṇaṁ kīrtanaṁ viṣṇoḥ
smaraṇaṁ pāda-sevanam
arcanaṁ vandanaṁ dāsyaṁ
sakhyam ātma-nivedanam
(SB 7.5.23)


Enige van die nege items, as jy dit aanvaar, het jy onmiddellik met Krsna kontak. Of jy aanvaar al nege items of agt of sewe of ses of vyf of vier of drie of twee, ten minste een, As jy dit ernstig opneem en ... Veronderstel dit is om te sing. Dit kos niks. Ons sing oor die hele wêreld. Enigeen kan sing deur na ons te luister. Dit kos jou niks nie. En as jy sing, is daar geen verlies aan jou kant nie. So ... as jy dit doen, dan het jy onmiddellik met Krsna kontak. Dit is die voordeel. Onmiddellik. Omdat Krsna se naam en Krsna nie verskil nie...

Abhinnatvān Nama-nāminoḥ (CC Madhya 17,133). Dit word so in die Vediese literatuur beskryf. Abhinnatvān nāma-nāminoḥ. Nāma cintāmaṇiḥ kṛṣṇaḥ. Krsna se naam is cintāmaṇi. Cintāmaṇi beteken geestelik. Cintāmaṇi-prakara-sadmasu kalpa-vṛkṣa-lakṣāvṛteṣu (Bs. 5.29). Hierdie is die Vediese beskrywings. Waar Krsna woon, die plek word ook beskryf: cintāmaṇi-prakara-sadmasu kalpa-vṛkṣa-lakṣāvṛteṣu surabhīr abhipālayantam (Bs. 5.29). So nāma, die heilige naam van Krsna, is ook cintāmaṇi, geestelik. Nama cintāmaṇiḥ kṛṣṇaḥ. Hy is dieselfde Krsna, persoon. Nama cintāmaṇiḥ kṛṣṇaś caitanya (CC Madhya 17,133). Caitanya beteken nie dood nie, maar 'n lewende entiteit. Deur die naam te sing kan jy dieselfde voordeel geniet as om persoonlik met Krsna te praat. Dit is ook moontlik. Maar die volle besef sal net geleidelik plaasvind. Nama cintāmaṇiḥ kṛṣṇaś caitanya-rasa-vigrahaḥ. Rasa-vigraha beteken plesier, reservoir van alle plesier. So, soos jy die naam van Hare Krsna sing, so sal jy geleidelik 'n paar transendentale oomblikke van plesier kan geniet. Net soos hierdie jong manne en meisies, terwyl hulle sing, dans hulle in blydskap. Niemand kon hulle volg nie. Maar hulle is nie mal deur te sing nie. Dit is eintlik vir hulle 'n plesier, 'n transendentale plesier. Daarom dans hulle. Dit is nie dat die hond dans nie. Nee. Dit is in werklikheid 'n geestelike dans, die siel wat dans. So ... Daarom, word Hy rasa-vigraha, reservoir van alle plesier genoem.

Nama cintāmaṇiḥ kṛṣṇaś caitanya-rasa-vigrahaḥ pūrṇaḥ (CC Madhya 17.133). Purna, volledig. Nie eers een persent minder as Krsna nie. Nee. Honderd persent Krsna. Volledig. Purna. Purna beteken volledig. Pūrṇaḥ śuddhaḥ. Śuddha beteken gesuiwerde. Daar is besoedeling in die materiële wêreld. Materie, enige naam wat jy sing, omdat dit materieel wesenlik besmet is, sal jy nie kan volhou om vir baie lank te sing nie. Dis 'n heel ander ondervinding. Maar dit sing van die Hare Krsna mantra, indien jy vir vier-en-twintig uur aanhou sing , sal jy nooit moeg voel nie. Dit is die toets. Jy sal net aanhou sing. Hierdie jong manne kan vier en twintig uur aaneen sing, sonder om iets te eet, sonder om water te drink. Dit is so lekker. Omdat dit volledig is, geestelik, śuddha. Śuddha beteken suiwer. Nie wesenlik besmet nie. Materiële plesier, enige plesier ... Die hoogste plesier in die materiële wêreld is seks. Maar jy kan dit nie vir vier en twintig uur geniet nie. Dis nie moontlik nie. Jy kan dit vir 'n paar minute geniet. Dit is al. Selfs as jy gedwing word om dit te geniet, sal jy dit verwerp: "Nee, nie meer nie." Dit is materie. Maar geestelik is daar geen einde nie. Jy kan dit altyd geniet, vir vier en twintig uur lank. Dit is geestelike genot. Brahma-saukhyam anantam (SB 5.5.1). Anantam. Anantam beteken oneindig.