AF/Prabhupada 0050 - Hulle weet nie wat die volgende lewe inhou nie



Lecture on BG 16.5 -- Calcutta, February 23, 1972

Die natuur, onder bevel van Krsna, bied ons geleentheid, bied ons geleenthede om uit die verstrengeling van geboorte en dood los te kom: janma-mṛtyu-Jara-vyādhi duḥkha-doṣānudarśanam (BG 13.9). Janma-mṛtyu-Jara-vyādhi: 'n mens moet intelligent wees om die probleme van hierdie vier aspekte van die lewe raak te sien. Dit is die volledige Vediese sisteem- hoe om uit hierdie kloue te ontsnap. Maar hulle word geleentheid gegee "Jy doen dit, julle doen dat en jy doen dit," so ontstaan 'n gereguleerde lewe, sodat hy uiteindelik kan ontsnap.

Daarom het Bhagavān gesê; daivī sampad vimokṣāya (BG 16.5). As jy daivī Sampat ontwikkel, sal hierdie eienskappe, soos beskryf word- ahiṁsā, sattva-saṁśuddhiḥ, ahiṁsā, soveel dinge - dan kan jy ontsmap, vimokṣāya. Ongelukkig weet die moderne beskawing nie, hulle weet nie wat vimokṣāya is nie. Hulle is so blind. Hulle weet nie dat daar 'n posisie is wat vimokṣāya genoem word nie. Hulle weet nie. Hulle weet nie dat daar 'n volgende lewe is nie. Daar is geen so 'n opvoedkundige stelsel nie. Ek reis oor die hele wêreld. Daar is nie 'n enkele instelling met die doel om die transmigrasie van die siel te onderrig nie, hoe iemand 'n beter lewe kan lei nie. Hulle is ongelowig. Hulle het geen kennis nie. Dit is āsurī Sampat. Dit sal hier beskryf word: pravṛttiṁ ca nivṛttiṁ ca janā na vidur āsurāḥ. Pravṛttim. Pravṛttim beteken aantrekkingskrag, of gehegtheid. Aan watter soorte aktiwiteite moet ons geheg wees en teenoor watter soort aktiwiteite behoort ons afsydig te wees. dit weet die asuras nie, hulle weet nie. Pravṛttiṁ ca nivṛttiṁ ca.

pravṛttiṁ ca nivṛttiṁ ca
janā na vidur āsuraḥ
na śaucaṁ nāpi cācāro
na satyaṁ teṣu vidyate
(BG 16.7)

Dit is die asuras. Hulle weet nie hoe om hulle lewe te rig nie, watter rigting hulle moet inslaan nie. Dit word genoem pravṛtti. En watter soort lewe hulle behoort te vermy nie, nivṛtti. Pravṛttis tu jīvātmana. Dis iets anders. Bhunam. Nivṛttis tu mahāphalām. Die hele geskrifte, die volledige Vediese rigtingaanwysing is vir pravṛtti-nirvṛtti. Hulle word geleidelik opgelei. Net soos Loke vyavāyāmiṣa-madya-Seva nityā sujantoḥ. 'n Lewende entiteit het 'n natuurlike geneigdheid tot vyavāya, seks lewe; en madya sevāḥ, dronkenskap; āmiṣa sevāḥ, en vleis-eet. Die natuurlike instink is daar. Maar asuras, hulle probeer nie om dit te stop nie. Hulle wil dit eerder verhoog. Dit is asura lewe. Ek het 'n paar siektes. As ek dit wil laat genees, gee die dokter vir my 'n voorskrif wat sê "Jy moet dit nie neem nie." Net soos 'n diabeet. Dit is verbode vir hom: "Moenie suiker neem nie, moenie stysel neem nie." Nivṛtti. Net so gee die geskrifte vir leiding jy moet hierdie dinge aanvaar, en jy moet hierdie dinge nie aanvaar nie. Net soos in ons samelewing, het ons die mees noodsaaklike nivṛtti en pravṛtti onderskei. Die pravṛtti... Ons onderrig ons studente, "Geen ongeoorloofde seks lewe nie, geen vleis eet nie, geen āmiṣa-Seva." Āmiṣa-Seva nityā sujantoḥ. Die geskrifte sê dat as jy dit kan prysgee, nivṛttis tu mahāphalām, dan sal jou lewe suksesvol wees. Maar ons is nie bereid nie. As jy nie bereid is om die pravṛttis te aanvaar nie en nie die nivṛttis te aanvaar nie, daarom moet 'n mens weet dat hy 'n asura is. Krsna sê hier, pravṛttiṁ ca nivṛttiṁ ca Jana na vidur āsurāḥ (BG 16.7). Hulle weet nie... "O, wat is dit?" Hulle sê, selfs die groot, groot swamīs sal sê, "O, wat is dan fout? Jy kan enigiets eet. Dit maak nie saak nie. Jy kan enige iets doen. Jy betaal net my fooie, en ek gee vir jou 'n paar spesiale mantras. "Hierdie dinge vind oral plaas.