AF/Prabhupada 0066 - Ons moet instem tot Krishna se begeertes



Lecture on BG 16.4 -- Hawaii, January 30, 1975

Nou is dit ons keuse of ons 'n aanhanger wil word en of ons 'n demoon wil bly. Dit is ons keuse. Krsna sê "Gee hierdie demoniese aktiwiteite op en gee jouself aan My oor." Dit is Kṛṣṇa se begeerte. Maar as jy nie met Kṛṣṇa se begeerte saamstem nie, As jy jou eie begeertes wil geniet, dan is Krsna ook tevrede, Hy sal jou voorsien van al die noodsaaklikhede. Maar dit is nie 'n baie goed ding nie. Ons moet instem tot Kṛṣṇa se begeertes. Ons moenie toelaat dat ons begeertes, demoniese begeertes, groei nie. Dit word tapasya genoem. Ons begeertes moet prysgegee word. Dit word opoffering genoem. Ons moet net Kṛṣṇa se begeerte aanvaar. Dit is die opdrag van die Bhagavad-gita. Arjuna se begeerte was om nie te veg nie, maar Kṛṣṇa se begeerte was om te veg, net die teenoorgestelde. Arjuna het uiteindelik ingestem tot Kṛṣṇa se begeerte: "Ja," kariṣye vacanaṁ tava (BG 18.73): "Ja, ek sal optree volgens U begeerte." Dit is bhakti.

Dit is die verskil tussen bhakti en karma. Karma beteken om my begeertes te vervul, en Bhakti beteken om Kṛṣṇa se begeertes te vervul. Dit is die verskil. Nou kan jy jou keuse maak, of dit is om jou begeertes te vervul of dit is om Kṛṣṇa se begeerte te vervul. As jy die besluit maak om Kṛṣṇa se begeerte te vervul, dan is jou lewe suksesvol. Dit is ons Kṛṣṇa bewuste lewe. "Krsna wil dit hê; ek moet dit doen Ek sal niks vir myself doen nie.." Dit is Vṛndāvana. Al die inwoners van Vṛndāvana, hulle probeer almal om Kṛṣṇa se begeerte te vervul. Die beesherder seuns, die kalwers, koeie, die bome, die blomme, die water, die gopis, bejaardes inwoners, Moeder Yaśodā, Nanda, hulle is almal besib met die uitvoering van Kṛṣṇa se begeerte. Dit is Vṛndāvana. Dus, jy kan hierdie materiële wêreld in Vṛndāvana verander mits jy instem om die begeertes van Kṛṣṇa te vervul. Dit is Vṛndāvana. En as jy jou eie begeertes wil vervul, dan is dit materieël. Dit is die verskil tussen die materiële en die geestelike.