AF/Prabhupada 0071 - Roekeloos Verkwistende Seuns van God



Room Conversation With French Commander -- August 3, 1976, New Mayapur (French farm)

Ons is almal roekelose verkwistende kinders van God. Dat ons kinders van God is, daarin lê geen twyfel nie, maar op die oomblik is ons roekeloos en verkwistend. Ons vermors selfs ons waardevolle lewe, so roekeloos is ons. Dus, hierdie Krsna bewustheid-beweging is om hierdie roekeloosheid te stuit en om hulle tot hul verstand te bring, sodat hulle kan terug gaan huis toe, terug na Godheid toe. Dit is Krsna -bewustheid. Maar die mense is so roekeloos, net soos iets van God gesê word, begin hulle onmiddellik te lag, "O, watse nonsens is dit, God?" Dit is die hoogste vorm van roekeloosheid. Indië was baie ernstig oor God. Indië is steeds baie ernstig. Tans dink die huidige leiers dat Indiërs almal bederf is, hulle dink net aan God- hulle dink nie soos die Amerikaners en Europeërs aan ekonomiese ontwikkeling nie.

Dit is die huidige posisie, en dit is baie moeilik, maar daar kan steeds iets vir die mensdom gedoen word, deur die prediking hierdie Krsna bewustheids-beweging. En diegene wat gelukkig is, hulle sal dit ter harte neem, dit ernstig opneem. Daar is so baie roekelose verlore seuns, so baie voorbeelde. Byvoorbeeld, daar is tans voorraad van petroleum maar soos die inligting bekend raak dat motors op petroleum loop en nie meer perde benodig nie, Word miljoene motors vervaardig en die oliebronne word uitgeput. Dit is roekeloosheid. En wanneer dit klaar is, dan sal almal huil. Maar dan sal dit te laat wees. Sulke dade vind plaas. Roekeloosheid. Net soos 'n roekelose seun die eiendom wat sy pa agtergelaat het, verkwis. Hoe gouer jy iets kry, hoe gouer word dit opgebruik, dis maar al. Dit is roekeloosheid. Daar is 'bietjie energie in die liggaam, en so gou soos wat iemand die smaak van seks lewe agterkom, "O, spandeer dit, spandeer dit," al die energie verspil. Die brein raak dan vakant. As hy begin van sy twaalfde jaar af, sal alles teen dertig jaar op wees. Dan is hy magteloos. In ons kinderjare - in ons kinderjare beteken, sê, tagtig jaar gelede, of sê, 'n honderd jaar gelede - was daar geen motors nie. En nou, waar jy ook al gaan, in enige land, sien jy duisende en miljoene motors. Dit is roekeloosheid. Honderde jare gelede kon hulle regkom sonder enige motors, en nou kan hulle nie leef sonder 'n motor nie. Op hierdie manier, onnodiglik, word die liggaamlike of materiële noodsaaklikhede van die lewe verhoog. Dit is roekeloosheid. En die leiers, wat hulle aanmoedig tot hierdie roekeloosheid, word geag as goeie leiers. En wie sal sê, "Stop hierdie nonsens, kom na Krsna bewustheid," Niemand sal omgee nie. Andhā yathāndhair upanīyamānās te 'pīśa-tantryām uru-dāmni baddhāḥ (SB 7.5.31). Dit is die sogenaamde blinde leier wat blinde volgelinge lei. Hulle weet nie dat beide van hulle onderworpe is aan streng, streng wette van die natuur nie. (pouse) ... Almal is heeltemal in onkunde oor hoe hierdie wette van die natuur werk. Niemand weet nie. Dit is die moderne beskawing. Die wette van die natuur werk op sy eie manier. Of jy daaroor omgee of nie, dit is jou eie besigheid, maar die wette van die natuur sal bly werk. Prakṛteḥ kriyamāṇāni guṇaiḥ karmāṇi sarvaśaḥ (BG 3.27). Maar hierdie skelms, hulle weet nie hoe die wette van die natuur werk nie. Almal is kunsmatig aan die probeer om, in dwaasheid, die wette van die natuur te oorkom. Dit is die wetenskap, die wetenskap van onkundiges, want dit is onmoontlik, maar hulle probeer. Dit word sogenaamde onkunde genoem. Onnoselheid. Sê die wetenskaplikes nie altyd? "Ons probeer iets oorkom nie" Vabonde, niemand sal ooit in staat wees om dit te doen. Maar die onkunde duur voort. En almal klap hande, "O, baie goed, baie goed, baie goed." "O, jy gaan na die maan planeet?" Maar na alles probeerslae, is die druiwe suur: "Dit is nie nuttig nie." Dit is al. Ken jy die storie? Van die jakkals? Hy het probeer om die druiwe te kry deur te spring, spring, spring. Toe dit misluk het, het hy gesê, "O, dit is nutteloos. Dit is suur, dit het geen nut nie." (lag) Dit is soos hulle dit doen. Die jakkalse spring net, dis al. En ons kan sien hoe hierdie skelms nutteloos spring. (lag) So ons waarsku mense om nie hierdie dom jakkalse te volg nie. Wees versigtig en wees Krsna bewus. Dit sal jou lewe suksesvol maak.