AF/Prabhupada 0083 - Met die Sing van Hare Krishna kom Alles Vanself



Lecture on SB 7.9.11-13 -- Hawaii, March 24, 1969

So Prahlāda Mahārāja het gesê - ons het alreeds hieroor gepraat- dat dit nie 'n kwalifikasie vereis nie. Om die Here te plesier, tevrede te stel nie, hoef jy geen vooraf-kwalifikasie te hê nie: O, jy moet wel jou eksamen by die universiteit slaag, of jy moet 'n ryk man soos Rockefeller of Ford word, of jy moet dit word of dat word... maar hier is daar geen voorwaarde nie. Ahaituky apratihatā. As jy Kṛṣṇa wil lief hê, is daar geen belemmering nie. Daar is geen belemmering nie. Die pad is oop. Jy moet eenvoudig net opreg wees. Dis al. Dan sal Krsna die pad oop maak. En as daar geen opregtheid is nie, dan is Kṛṣṇa se māyā daar. Hy... Sy sal altyd 'n paar struikelblokke op die pad sit: "Nee, nie dit nie, nie dit nie." So Prahlāda Mahārāja het besluit dat "Alhoewel ek 'n kind is, met geen opvoeding, met geen kennis van die Vedas nie, en gebore is uit 'n ateïstiese pa, van lae stand, dus met alle slegte kwalifikasie... So, God word deur toegewyde intellektuele persone aanbid, wat Vediese gesange offer, en brahmanas, wat hoogs beskaafd is. Ek het egter nie sulke kwalifikasie nie. Maar nog steeds, as al hierdie halfgode, met so 'n verhewe posisie, as hulle 'n versoek tot my rig. Beteken dit dat God selfs deur my gekalmeer kan word. Hoe anders sou hulle my versoek het? Dus, watter kwalifikasie ek ookal het, hoe intelligt ek is, ek mag dit aan Krsna offer. " Dit is waaroor ons Kṛṣṇa Bewustheidsbeweging gaan; dat watter kwalifikasie jy ook al het, dit sal voldoende wees. Jy begin met wat jy het. Jy probeer om Kṛṣṇa met jou kwalifikasie te dien. Die eintlike kwalifikasie is jou bereidheid tot diens. Dit is die ware kwalifikasie. En, jy ontwikkel jou bereidheid, nie jou eksterne kwalifikasies, skoonheid, rykdom, kennis, hierdie, daardie dinge nie, nee. Hierdie dinge het geen waarde nie. Hulle is net waardevol as hulle in Krsna se diens gebruik word. As jy 'n baie ryk man is, as jy jou rykdom in Krsna se diens aanwend... Dan is reg so. Maar dit is nie nodig dat jy baie ryk word nie. Dan kan jy in Krsna se dien staan.

So Prahlāda Mahārāja sê, nīco ajayā guṇa-visargam anupraviṣṭaḥ pūyeta yena pumān anuvarṇitena. Wel, iemand kan dit dalk bevraagteken waarom Prahlāda gebore is uit 'n onrein vader. Dit is 'n geldige argument. Prahlāda is nie onsuiwer nie, maar dit is 'n geldige argument gebore uit 'n lae stand of lae familie, soveel argumente kan opgehaal word. Maar Prahlāda Mahārāja het gesê dat "As ek begin, deur eenvoudig net die Here te verheerlik, dan sal ek gesuiwer word. " As ek die suiweringsmantra sing... Die Hare Kṛṣṇa mantra is die proses van suiwering. Nie dat ek eers gesuiwer word en dan die Hare Kṛṣṇa mantra aanneem nie. Geensins. Begin jy net chant. Dan word jy gesuiwer. Jy sal gesuiwer word. Begin om te chant. Wat jou stand ookal is, dit maak nie saak nie. Eintlik toe ek hierdie Krsna Bewustheidsbeweging begin het- het hulle nie juis in 'n baie gesuiwerde toestand gekom nie. Dit weet ons, elkeen van julle weet, dat diegene wat na my gekom het, dat hulle, volgens hoe hulle grootgemaak was... volgens Indiese standaarde, nie eens die higiëniese beginsels geken het nie. Wat nog te sê oor die vraag na suiwerheid? Jy sien. In Indië begin die stelsel van kleins af, 'n Kind word geleer om te bad, om tande te borsel in die oggend. Ja. Ek onthou toe my tweede seun sowat vier jaar oud was, so voor ontbyt, het ek hom gewoonlik gevra: "Wys my jou tande." Hy sou dit dan wys..., "Ja." "Nou goed, jy het jou tande geborsel. Als reg. Nou kan jy maar jou ontbyt eet. " So hierdie opleiding was daar. Maar hier, in hierdie land, is die opleiding... Natuurlik, daar is opleiding, maar dis nie baie streng nie. So dit maak nie saak nie. Chant Hare Kṛṣṇa. Begin met Hare Kṛṣṇa. Dan sal alles regkom. Alles sal regkom.