AF/Prabhupada 0005 - Prabhupada se lewe in 3 minute



Interview -- September 24, 1968, Seattle

Onderhoudvoerder: Vertel vir my iets oor jou eie agtergrond. Dit is, waar jy onderrig is, hoe jy 'n dissipel van Krsna geword het?

Prabhupada: Ek is gebore en het skool gegaan in Calcutta. Calcutta is my tuisdorp. Ek is in 1896 gebore, en ek was my pa se witbroodjie, so, ek het my skoolloopbaan 'n bietjie laat begin, maar was steeds vir agt jaar in die sekondêre hoërskool. In die primêre skool vir vier jaar, hoër sekondêre skool, vir agt jaar, in die kollege, vier jaar. Daarna het ek by Gandhi se nasionale beweging aangesluit. Maar deur suiwer geluk het ek in 1922 my Guru Maharaja, my geestelike meester ontmoet. En sedertdien het, was ek aangetrokke tot hierdie lyn, en geleidelik het ek my lewe as gesinsman opgesê. Ek was in 1918 getroud toe ek nog 'n derde jaar student was. En so het ek my kinders gekry. Ek het 'n besigheid behartig. Toe het ek in 1954 uit my gesinslewe getree. Vir vier jaar was ek alleen, sonder enige familie. In 1959 het ek myself geheel onttrek van die normale samelewing. Ek het myself daarna toegewy aan die skryf van boeke. My eerste publikasie het in 1962 verskyn, en toe drie boeke voltooi was, het ek in 1965 die reis na jou land begin. en ek hier aanwal gestap in September, in 1965. Sedertdien probeer ek om hierdie Krsna bewussyn in Amerika, Kanada en die Europese lande te verkondig En geleidelik is die sentrums besig om te ontwikkel. Die volgelinge is ook aan die toeneem. Laat ons maar sien wat my nog te doen staan.

Onderhoudvoerder: Hoe het jy self 'n dissipel geword? Wat jy was, of wat het jy gevolg voordat jy 'n dissipel geword het?

Prabhupada: dieselfde beginsels as wat ek jou nou vertel het, geloof. Een van my vriende het my met geweld na my geestelike meester gesleep. En met die eerste gesprek met my geestelike meester, was ek oortuig. En sedertdien, het die saailinge ontkiem.