AF/Prabhupada 0006 - Almal is God – wat ‘n gekkeparadys



Lecture on SB 1.15.49 -- Los Angeles, December 26, 1973

Almal is vol van homself "Ek weet. Ek weet alles. Daar is geen behoefte om na 'n guru toe te gaan nie. " Hier is die regte metode om 'n guru, geestelike meester te nader: met oorgawe, "Ek weet so baie nuttelose nonsens. Wees so gaaf en leer my." Dit word oorgawe genoem. Net soos wat Arjuna gesê het, śiṣyas te "Gam śādhi Mam prapannam (BG 2.7). Wanneer daar 'n verskil tussen Arjuna en Krsna was, en wanneer die saak nie opgelos kon word nie, het Arjuna oorgegee aan Krsna, "My liewe Krsna, ons gesels nou as vriende. Maar geen meer vriendelike praatjies nie. Ek aanvaar U as my geestelike meester. Leer my asseblief wat my verpliging is. " Dit is Bhagavad-Gita.

So moet 'n mens leer. Tad-vijñānārthaṁ SA gurum eva abhigacchet [MU 1.2.12]. Dit is die Vediese opdrag, en dit het waarde in die lewe? Hoe is dit besig om te verander? Hoe verander ons van een liggaam na 'n ander? Wat is ek? Ek is die liggaam of is ek iets meer? Dit is oor hierdie dinge waaroor ons navraag moet doen. Dit is die mens se lewe. Athāto Brahma jijñāsā. Hierdie ondersoek moet gedoen word. So in hierdie kali-yuga, sonder enige kennis, sonder enige ondersoek, sonder enige guru, sonder enige boek, is almal skielik God. Dit is al. Dit is aan die orde van die dag, 'n gekkeparadys. Dit sal nie help nie. Hier oor die Vidura ... Hy het ook ...

viduro 'pi parityajya
prabhāse deham ātmanaḥ
kṛṣṇāveśena tac-cittaḥ
pitṛbhiḥ sva-kṣayaṁ yayau
(SB 1.15.49)

Hy ... ek praat oor Vidura. Vidura was Yamarāja. So, toe 'n heilige persoon voor Yamarāja gebring was om gestraf te word. het die heilige persoon navraag by Yamarāja gedoen, "Ek is ... Ek kan nie onthou dat ek in my lewe enige sonde gepleeg het nie. Hoekom is ek hierheen gebring om ge-oordeel te word? " So sê Yamarāja toe "Jy onthou nie maar, in jou kinderdae het jy 'n mier met 'n naald deur die rektum opgetel, en sy het gesterf. Daarom moet jy gestraf word. " Kyk dus net. Omdat hy in sy kinderjare, in onkunde, gesondig het, moet hy gestraf word. En ons is bereid om, teen die beginsel van geloof: "Jy mag nie doodmaak nie," So baie slagpale oop te maak, onder die onsinnige teorie dat die dier nie 'n siel het nie. Net kyk na al die pret. En dit is oral aan die gang. En ons wil in vrede leef.