AF/Prabhupada 0008 - Krishna beweer “Ek is almal se Vader”



Janmastami Lord Sri Krsna's Appearance Day Lecture -- London, August 21, 1973

So, ten minste in Indië, het al die groot persoonlikhede, heilige persone, sages en ācāryas, hierdie geestelike kennis so mooi en ten volle gekultiveer, en ons trek nie die voordeel daaruit nie. Dit is nie dat daardie śāstras en aanwysings net bedoel is vir die Indiërs of vir die Hindoes of brahmanas nie. Nee. Dit is bedoel vir almal. Omdat Krsna beweer

sarva-yoniṣu kaunteya
sambhavanti mūrtayaḥ yaḥ
tāsāṁ mahad brahma yonir
ahaṁ bīja-pradaḥ pitā
(BG 14.4)

Krsna beweer dat "Ek is die vader van almal." Daarom is Hy baie angstig om ons vreedsaam, om ons gelukkig te maak. Net soos 'n Vader sy seun goedgunstig en gelukkig wil sien; Net so, wil Krsna ook elkeen van ons gelukkig en goedgunstig geleë sien. Daarom kom Hy soms. (BG 4.7) yada yada hi dharmasya glānir bhavati. Dit is die doel van Krsna se koms. So, diegene wat die dienaars van Krsna is, wat sy aanhangers is, hulle moet die missie van Krsna opneem. Hulle moet die missie van Krsna opneem. Dit is Caitanya Mahaprabhu se weergawe.

āmāra ajñāya guru hañā tāra ei deśa
yare dekha, tare kaha, 'kṛṣṇa'-upadeśa
(CC Madhya 7.128)

Krsna-upadeśa. Probeer net om te herhaal wat Krsna in die Bhagavad-Gita gesê het. Dit is die plig van elke Indiër. Caitanya Mahaprabhu het so gesê.

bhārata-bhūmite manuṣya janma haila yāra
janma sārthaka kari para-upakāra.
(CC Adi 9.41)

So is Indiërs, is Indiërs bedoel vir para-upakāra. Indiërs is nie veronderstel om ander uit te byt nie. Dit is nie die Indiërs se besigheid nie. Indiese geskiedenis is bedoel vir para-upakāra. En voorheen het mense, uit alle dele van die wêreld, na Indië gekom om te leer wat die geestelike lewe behels. Selfs Jesus Christus het daarheen gegaan. En uit China en ander lande. Dit is die geskiedenis. En ons vergeet ons eie bate. Hoe gevoelloos is ons nie. 'n Groot beweging, Krsna bewussyn, is besig om pos te vat oor die hele wêreld, maar ons Indiërs is gevoelloos, ons regering is hardvogtig. Hulle neem dit nie op nie. Dit is ons ongeluk. Maar dit is Caitanya Mahaprabhu se missie. Hy sê enige Indiër, Bharata bhūmite manuṣya janma, as hy 'n mens is, moet sy lewe vervolmaak maak deur gebruik te maak van hierdie Vediese literatuur en die kennis oor die hele wêreld versprei. Dit is para-upakāra. So Indië kan dit doen. Hulle word eintlik waardeer. Die Europeërs, die Amerikaanse jong mans, hulle het groot waardering ... Ek kry daagliks dosyne brief, wat vertel hoe hulle gebaat het by hierdie beweging. En eintlik is dit 'n feit. Dit is wat die lewe aan 'n dooie man gee. So, ek sal 'n spesiale versoek rig aan die Indiërs, veral Sy Eksellensie, om vriendelik saam met hierdie beweging te werk, en te probeer om jou lewe en die van ander suksesvol te maak. Dit is die missie van Krsna, die koms van Krsna. Dankie.