AF/Prabhupada 0007 - Krishna sal alles onderhou



Lecture on SB 1.5.22 -- Vrndavana, August 3, 1974

Brahmānanda: Brāhmaṇa moet geen werk aanvaar.

Prabhupada: No. Hy sal sterf van die honger. Hy sal geen werk aanvaar nie. Dit is 'n brāhmaṇa. Kṣatriya is ook so, en 'n vaiśya ook. Slegs śūdra. A vaiśya sal egter een of ander besigheidgeleentheid sien. Hy sal 'n geleentheid vir handel raaksien Hier is 'n praktiese voorbeeld. Ene mnr Nani, het lank, lank gelede in Kolkatta aan 'n paar vriende voorgestel, "As jy vir my 'n bietjie kapitaal gee, kan ek 'n besigheid begin." So het hy gesê: "Jy is vaiśya? 'n Besigheidsman?" "Ja." "O, jy vra geld van my? Geld is op straat beskikbaar. Spoor jy dit maar op." Hy sê toe: "Ek kry dit nie." "Jy kry dit nie? Hoe dan so?" "Dit, dit is 'n dooie muis" "Dit is jou kapitaal."

Sien , in daardie dae was daar 'n plaag in Kolkatta, dis wat aan die gang was. 'n Munisipale verklaring is uitgereik dat enige een wat 'n dooie muis na die munisipale kantoor gebring, twee Anna betaal sal word. Hy neem toe die dooie liggaam van die muis en gaan na die munisipale kantoor. Hy was twee Annas betaal. Hy koop toe 'n paar vrot betelneute met die twee Annas, was dit skoon en verkoop dit vir vier Annas, of vyf Annas. Op hierdie wyse, oor en oor, het daardie man 'n baie ryk man geword. Een van sy familielede was ons mede-broer. Die Nandi-familie. Daardie Nandi familie het nog steeds vier honderd tot vyf honderd mense wat daagliks gevoed moet word. Dit is 'n groot aristokratiese familie. En hul familie se bepaling is so dat wanneer 'n seun of dogter gebore word, vyf duisend rupies in die bank gedeponeer word, en wanneer hy trou is die vyf duisend rupies, met rente, syne. Verder word daar geen ander kapitaal gedeel nie. En almal wat saam as gesin woon, kry kos en blyplek. So werk hulle ... Maar die oorspronklike, ek bedoel om te sê, die stigter van hierdie familie, Nandi, Hy het sy besigheid in die 'n rooi begin, met 'n dooie rot of muis. Dit is eintlik 'n feit, eintlik 'n feit dat as 'n mens onafhanklik wil leef ...

Dit het ek in Kolkatta gesien. Selfs die arm klas vaiśyas, sal in die oggend 'n bietjie bone neem, 'n sak bone, en van deur tot deur gaan. Bone is oral 'n vereiste. So, soggens verhandel hy sy bone, en in die aand verhandel hy een ​​blik keroseen olie. In die aand het almal olie nodig. Jy sal dus in Indië vind dat hulle ... Niemand op soek is na werk nie. Hulle sal die bietjie wat hy het verkoop , sommige verkoop neute of grondboontjies. Hy vind iets om te doen. Na alles, dit is Krsna wat almal onderhou. Dit is 'n fout om te dink dat "Hierdie man onderhou my." Nee. die geskrifte sê, eko yo bahūnāṁ vidadhāti Kaman. Daar is vertroue in Krsna, dis is "Krsna wat my lewe gee, Krsna wat my hierheen gestuur het. So Hy sal my onderhou. So, laat ek volgens my vermoë iets doen, en deur daardie bron, sal Krsna my onderhou."