AF/Prabhupada 0026 - Jy Word Eerstens Verplaas Na Die Heelal Waar Krishna Is



Morning Walk -- October 5, 1975, Mauritius

Indiese man: Swamiji, daar word gesê, soos ons optree ... net so neem ons geboorte volgens ons optrede. Soos wat ons iets gedoen het, moet ons geboorte neem volgens die wet van God.

Prabhupada: Jy moet geboorte neem. Dit is 'n feit. Jy kan dit nie vermy nie. Maar volgens jou karma sal jy geboorte moet neem.

Indiese man: Maar dan ... Dit beteken dat jy betaal vir wat jy geskryf het. Ja, eh? Daarom dink jy dat ...

Prabhupada: Veronderstel wanneer jou, hierdie hemp geskeur is, dan koop jy 'n hemp. Nou, daardie hemp word gekoop volgens jou prys. As jy 'n goeie prys kan betaal, dan kry jy 'n goeie hemp. As jy nie geld het, dan kry jy 'n swak hemp. Dit is al.

Indiese man: Ek wou net sê, Swamiji, dat die hel ook in hierdie wêreld self geleë is, want waar dink jy betaal ons ons skuld? Die sonde, die skuld van ons sonde. Waar dink jy betaal ons daarvoor? In die hel, wat nie ...

Prabhupada: Hel is die plek waar jy gestraf word.

Indiese man: dit is dus op die aarde self.

Prabhupada: Hoekom op die aarde?

Indiese man: Op die planeet aarde, dan nie?

Prabhupada: Nee, dit kan wees ...

Indiese man: Op enige planeet?

Prabhupada: ... baie miljoene kilometers ver weg.

Indiese man: Maar is dit noe op een plek te vinde ... Die hel is net in een plek geleë of 'n Prada(?) is in 'n ander plek? Dink jy so, Swamiji?

Prabhupada: Ja. Ja. Daar is verskillende planete.

Indiese man: Daar is baie mense wat in hierdie wêreld self ly.

Prabhupada: So, hulle word in die eerste plek in daardie helse planeet opgelei en dan kom hulle hierheen om dieselfde standaard van lewe te ly.

Indiese man: Wanneer ons siel die liggaam verlaat, gaan dit na die hel of ...

Prabhupada: Die helse planeet.

Indiese man: ... halfrond of neem dit geboorte onmiddellik daarna?

Prabhupada: Ja. Diegene wat sondig is, neem nie onmiddellik geboorte nie. Eerste van als word hulle opgelei op die helse planeet hoe om te ly om gewoond daaraan te raak en dan neem hul geboorte, dan lyding. Net soos jy I.A.S. slaag Dan word jy 'n assistent van die landdros. So leer jy. Daarna word jy gepos as landdros. Selfs as jy geskik is om terug te gaan na die huis, terug na Godheid, word jy eerste van alles oorgeplaas na die heelal waar Krsna nou teenwoordig is, en daar raak jy gewoond daaran. Dan gaan jy na die werklike Vṛndāvana.

Indiese man: Daarom, na ons dood ...

Prabhupada: Elke reëling deur God is volmaak. Pūrṇam. Pūrṇam Ada pūrṇam idaṁ pūrṇāt pūrṇam .. (Īśopaniṣad, Aanroeping). Wat deur God geskep is, dit is perfek.