AF/Prabhupada 0028 - Buddha is God



Lecture on Sri Isopanisad, Mantra 1 -- Los Angeles, May 3, 1970

Gargamuni: (lees :) "Dit is ook verkeerd om te dink dat deur 'n vegetariër te word 'n mens homself kan red van die oortredings van die wette van die natuur. Groente het ook 'n lewe. Een lewe is veronderstel om 'n ander lewende wese te voed, en dit is die wet van die natuur. 'n Mens moenie trots wees om 'n streng vegetariër te wees nie. Die punt is om die Allerhoogste God te erken. Die diere het nie 'n ontwikkelde bewussyn om die Here te erken nie, maar 'n mens ... "

Prabhupada: Dit is die belangrikste punt. Soos is daar die Boeddhiste, hulle is ook vegetariërs, volgens die Boeddhistiese beginsel ... Deesdae het alles verval, maar die Heer Boeddha se propaganda was om die moord op diere deur skurke te stop. Ahiṁsā paramo dharma. Heer Boeddha se verskyning word in die Śrīmad-bhagavatam en baie Vediese letterkundes beskryf. Sura-dviṣām. Hy het gekom om die duiwels te bedrieg. Die duiwels .... Hy het 'n beleid gemaak wat die duiwels bedrieg het. Hoe was hulle bedrieg? Die duiwels, hulle was teen God gekant. Hulle glo nie in God nie. So Heer Boeddha het gepropageer, "Ja, daar is geen God nie. Maar wat ek sê, dit moet jy volg." "Ja, meneer." Maar hy is God. Dit was die bedrog. Ja. Hulle glo nie in God nie, maar hulle glo in Boeddha, en Boeddha is God. Keśava-dhṛta-buddha-śarīra jaya jagadīśa hare. So dit is die verskil tussen 'n demoon en 'n aanhanger. 'n Aanhanger sien hoedat Krsna, Keśava, hierdie skurke verneuk. Die aanhanger kan dit verstaan. Maar die duiwels, hulle dink, "O, ons het 'n goeie leier. Hy glo nie in God nie. " (Lag) Julle sien? Sammohāya sura-dviṣām (SB 1.3.24). Die presiese Sanskrit woord word in die Śrīmad-bhagavatam gegee. Julle het gesien, diegene wat gelees het: sammohāya, vir verwarring, sura-dviṣām. Sura-dviṣām beteken persone wat afgunstig is op die Vaiṣṇavas. Die ateïstiese klas, duiwels, hulle is altyd jaloers op die aanhangers. Dit is die wet van die natuur. Jy sien hierdie pa. Die vader word 'n vyand van 'n vyf-jaar-oue seun. Waaraan was hy skuldig? Hy was 'n aanhanger. Dit is al. Onskuldige seun. Hy was eenvoudig, ek meen, net aangetrokke tot die dreunsang van die Hare Krsna mantra. Die Vader self het 'n stoere vyand geword: "Maak dood hierdie seun." So, as 'n vader 'n vyand kan word, wat nog te sê van ander. So, julle moet altyd verwag dat sodra julle 'n aanhanger word, die hele wêreld jul vyand sal raak. Dit is al. Maar julle moet hulle hanteer, want julle is aangestel as dienaars van God. Julle doel is om hulle in te lig. Julle kan wel nie net soos Heer Nityānanda wees nie Hy was beseer, maar Hy het nog steeds vir Jagāi-Mādhāi gered. Dit moet jul beginsel wees. Soms moet ons kul, soms moet ons beseer word - so baie dinge. Die enigste belang is hoe om mense Krsna bewustheid te gee. Dit is ons missie. Op een of ander manier moet hierdie skurke bekeer word na Krsna bewusthied, óf op hierdie manier of daardie manier.