AF/Prabhupada 0029 - Buddha Kul Die Bose Magte



Sri Isopanisad, Mantra 1 -- Los Angeles, May 3, 1970

So Heer Boeddha, hy het die duiwels bedrieg. Hoekom het hy hulle verneuk? Sadaya-hṛdaya darśita-paśu-ghātam. Hy was vol deernis. God is altyd simpatiek teenoor alle lewende entiteite, want almal is Sy seuns. So het hierdie skurke onbeperk doodgemaak, eenvoudig net diere doodgemaak ... En as iemand sou sê: "O, waarom maak julle die diere dood?" sal hulle onmiddellik sê, "O, dit is in die Vedas. paśavo vadhāya sṛṣṭa" Die doodmaak van diere is in die Vedas, maar wat was die bedoeling daarvan? Dit was om 'n Vediese mantra te toets. 'n Dier sou in die vuur gegooi word, en deur Vediese mantra sou hy vernuwe of herstel word. Dit is die offer, diere offer. Dit was nie bedoel vir eet nie. Daarom, in hierdie eeu van Kali, het Caitanya Mahaprabhu enige vorm van Yajna verbied want daar geen, ek meen, geen deskundige brāhmaṇa wat die mantras kan sing en Vediese mantras eksperimenteel kan toets en sê "Hier is die gevolg" nie. Dit is ... Voor die uitvoering van die yajña, moet bepaal word hoe kragtig die mantra is, en deur die diere te offer en hulle weer nuwe lewe te gee, word dit getoets. Dan is daar bepaal ​of die mantra wat deur die priesters gesing word die korrekte een is. Dit was dus 'n toets. Nie vir diere-moord nie. Maar hierdie skurke, om die diere te kan eet het hulle aangehaal: "Hier, hier is die doodmaak van diere." Net soos in Kolkatta ... Jy is van Kolkatta? is daar 'n straat, College Straat. Nou word dit anders genoem. Ek dink dit is vernoem na Vidhan Raya (?). So iets ... In elk geval, daar is 'n paar slaghuise. So slaghuis beteken dat die Hindoes, nie die vleis van Moslems se winkels koop nie. Dit is onrein. Dieselfde ding: stoel hierdie kant en stoel aan die ander kant. Hulle eet vleis, en die Hindoe winkel is rein, die Moslem winkel is onrein. Dit is geestelike brousels. So word godsdiens aangepas. Daarom ... Daarom is daar gevegte: "Ek is Hindoe," "Ek is Moslem," "Ek is Christen." Niemand weet wat godsdiens is nie. Jy sien? Hulle het godsdiens opgegee, hierdie skurke. Daar is geen godsdiens nie. Ware godsdiens is dit, Krsna bewustheid, dit wat jou leer hoe om God lief te hê. Dit is al. Dit is godsdiens. Enige godsdiens, maak nie saak of dit Hindoe godsdiens, Moslem-godsdiens, Christelike godsdiens is nie, as jy besig is om liefde vir God te ontwikkel, dan is jy volmaak in jou godsdiens.