AF/Prabhupada 0036 - Die Doel Van Ons Lewe



Lecture on BG 2.1-11 -- Johannesburg, October 17, 1975

So wanneer ons verward raak met hierdie materiaal sake, wat om te doen - wat om te doen of nie te doen nie, dan word hierdie voorgehou - op daardie tydstip moet ons 'n guru nader. Dit is die opdrag hier, kyk net. Pṛcchāmi tvāṁ dharma-sammūḍha-cetāḥ. Wanneer ons verbysterd is, onderskei ons nie tussen wat godsdienstig is en wat nie godsdienstig is nie gebruik nie ons posisie behoorlik nie. Dit is kārpaṇya-doṣopahata-svabhāvaḥ (BG 2.7). Op daardie tydstip is daar 'n behoefte aan 'n guru. Dit is so volgens die Vediese ionderrig. Tad-vijñānārthaṁ sa gurum evābhigacchet śrotriyaṁ brahma-niṣṭham (MU 1.2.12). Dit is ons plig. In hierdie beskawing, ondervind ons soveel probleme met die lewe self. Dit is natuurlik. Hierdie materiële wêreld is juis 'n materiële wêreld vol probleme. Padaṁ padaṁ yad vipadām (SB 10.14.58). Materiële wêreld beteken dat daar met elke tree gevaar is. Dit is die materiële wêreld. So daarom moet ons leiding neem van 'n guru, van die onderwyser, die geestelike meester oor hoe om vooruitgang te maak, want dit ... Dit sal later verduidelik word, dat dit die doel van ons lewe is, ten minste in hierdie menslike vorm van die lewe, in die Ariese beskawing, die doel van die lewe is om ons grondwetlike posisie te verstaan, "Wat ek is. Wat is ek." As ons dit nie verstaan nie: "Wat ek is," dan is ons net soos die katte en honde. Die honde, katte, hulle weet dit nie. Hulle dink dat hulle die liggaam is. Dit sal verduidelik word. So, wanneer ons in so 'n toestand van die lewe is, wanneer ons werward is ... Eintlik is ons elke oomblik verward. Daarom is dit nodig dat 'n mens 'n behoorlike guru moet nader. Nou, Arjuna het vir Krsna genader, 'n eerste-klas guru. Eerste-klas guru. Guru beteken die Allerhoogste Heer. Hy is guru van almal, parama-guru. So iemand wat vir Krsna verteenwoordig, hy is ook 'n guru. Dit sal verduidelik word in die vierde hoofstuk. Evaṁ paramparā-prāptam Imam rājarṣayo viduḥ (BG 4.2). So Krsna wys ons die voorbeeld, waar ons ons oorgawe moet aanbied en 'n guru moet aanvaar. Hier is Kṛṣṇa. Jy moet Kṛṣṇa of sy verteenwoordiger as guru aanvaar. Dan sal al jou probleme opgelos word. Anders is dit nie moontlik is nie, want net hy kan sê wat goed is vir jou, wat sleg is vir jou. Hy vra, yac chreyaḥ syān niścitaṁ brūhi tat (BG 2.7). Niścitam. As jy advies, opdrag, niścitam, verlang, wat sonder enige twyfel, sonder enige illusie is, sonder enige fout, sonder enige bedrog, dit word niścitam genoem. Dit kan jy van Kṛṣṇa of sy verteenwoordiger kry. Jy kan nie korrekte inligting van die onvolmaakte persoon of 'n bedrieër ontvang nie.. Dit is nie die korrekte onderrig nie. Deesdae is dit 'n mode; almal word 'n guru en hy gee sy eie mening, "ek dink," "In my opinie." Dit is nie 'n guru nie. Guru beteken hy moet bewyse lewer vanuit die literatuur. Yaḥ śāstra-vidhim utsṛjya vartate kāma-kārataḥ: (BG 16.23) "Enigiemand wat nie bewyse, bewyse uit die literatuur gee nie, sal "na siddhiṁ sa avāpnoti," hy sal op geen tydstip suksesvol wees nie, " na sukham, "ook nie geluk in hierdie materiële wêreld vind nie," na Param gatim, "en wat nog om te praat van verhoging in die volgende lewe." Dit is die opdrag.